Riku Lätti's Official Website
  • News/Nuus
  • Albums
  • Lirieke
  • Films
  • Photo Gallery
  • Press
  • who is Riku Lätti
  • Victor S. Wolf
  • Die Wasgoedlyn
  • Kontak Riku
  • Lekker Links
  • Blog: Riku's Write
  • Help me make art
  • Taboek
  • Die Taboeksjou

Taboeksjou

  • Hier kom die boeke
  • 'n Gesprek met pa
  • Nardus du Plooy : Tankwa (live)
  • Die Onpopulêre Opinie
  • "Left Behind" deur Anria Delport
  • Die Koelkamers - 4 Vertonings in 1 Dag
  • Taboekgesprek met Jonathan Amid
  • Riku lees Taboek (deel 1)

Taboeksjou

7. Riku Lätti lees Taboek (deel 1)

powered by social2s

Riku Lätti lees uit Taboek (die eerste deel tot bl. 20)

In die eerste deel van Taboek val die klem veral op die natuur en ons (die mensdom) se plek daarin.

Taboekgesprek: Riku Lätti met Jonathan Amid

powered by social2s

Opname van 'n gesprek in Die Oude Leeskamer, Stellenbosch op 24 Julie 2024

Sluit aan by Jonathan Amid en Riku Lätti, sanger en liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer, en filmmaker, om Riku se digkuns-debuut, Taboek, te bespreek. Die gedigte, beslis ’n versameling wat die tonge sal laat klap oor die volgende ruk, sal die duo die geleentheid bied om dieper te delf in wat Dana Snyman beskryf as “aangrypende meditasies oor die heilige en die onsekere.” Riku sal ook die middag voorlees uit die bundel en die gehoor kan ’n stimulerende, selfs opspraakwekkende, gesprek verwag.

6. Die Koelkamers - 4 Vertonings in 1 Dag

powered by social2s

Episode 6 : Die Taboeksjou gaan Paternoster toe met Die Wasgoedlyn: Churchil Naudé, Jackie Lätti en Riku Lätti wat vier vertonings in een dag opvoer in die Koelkamers Teater (https://www.diekoelkamers.com) 

Die oggend is daar 'n kindersjou: Janneman in die Diereryk 
met musiek: Janneman in die Diereryk

Die Middag is daar 'n vertoning van die pryswennende film "The Voice Behind the Wall" (Die Ongetemde Stem) 
info: The Voice Behind The Wall 
om die fliek te sien: The Voice Behind the Wall (view film: vimeo on demand) 

Laatmiddag het ons 'n Boekbespreking met:
Jackie Lätti oor Anne van Green Gables 
beskikbaar by Naledi.co.za - Anne van Green Gables
Churchil Naudé gesels oor Drol in die Drinkwater
Riku Lätti se debuutdigbundel TABOEK nou beskikbaar van Naledi uitgewers.
Naledi.co.za Taboek

Daarna is dit tyd vir lekker musiek maak met die aandvertoning:
Rap en Rol

5. "Left Behind" deur Anria Delport

powered by social2s

Episode 5: Anria Delport moes op twaalfjarige ouderdom haar pa aan die dood afstaan nadat hy sy eie lewe geneem het. Dertig jaar later, so oud as wat haar pa was tydens sy afsterwe, het sy nou ’n boek oor haar ervaring geskryf – Left Behind. Smart is ’n sterk gety wat jou intrek en kan verdrink in golwe van verdriet. Elke greintjie in jou liggaam smag terug na dié tyd in jou lewe toe jou realiteit bokant die watervlak was, toe jy kon asemhaal en rustig kon voortdryf, wetende dat die lewe goed is. Left Behind handel oor die besluit om eerder die gety van verandering en verdriet te omarm as om jou daarteen te probeer verset. Sodoende kan jy die pyn konfronteer en uiteindelik oorwin. “Die lewe kan baie positief wees as jy verby die tragedie kan beweeg. Dit gaan oor die klein vreugdes, die stof tot dankbaarheid. My wens is dat elke leser hul innerlike lig en doel in die lewe sal ontdek. Ons is almal vir iets groter as onsself bestem,” sê Anria. Left Behind bied waardevolle insig in die gemoedstoestand van ʼn persoon wat ʼn geliefde aan selfdood moes afstaan, spesifiek omdat dit gegrond is op Anria se persoonlike reis deur ʼn landskap van lyding en pyn. Die boek sal jou op ʼn helende reis neem, weg van dié wonde wat veroorsaak is deur die feit dat jy agtergelaat is. Left Behind bied raad en insig – maar veral hoop. Anria Delport is gebore in Pretoria en het in Stellenbosch gestudeer. Sy is ʼn suksesvolle kunstenaar wat haarself verdiep in kreatiwiteit en musiek, en elke druppel van die lewe wil indrink. Left Behind is haar debuut.

4. Die Onpopulêre Opinie

powered by social2s

Episode 4: Riku Lätti lees die gedigte "die onpopulêre opinie" en "the I of the beer holder". Daarna 'n live performance van "Onder jou Asem" van die album: 'n Pleister vir my Nerwe

3. Nardus du Plooy : Tankwa (live)

powered by social2s

Ek lewer Taboek af by my vriend Nardus du Plooy en ons speel so paar liedjies vir jou live! Lekker

2. 'n Gesprek met my pa

powered by social2s

Episode 2, 'n gesprek met Ivan Lätti, pa van Riku Lätti, oor waar die idees van Taboek oorspronklik gevorm het. Gesprekke oor God, die heelal en die bron van alle lewe.

1. Hier kom die boeke

powered by social2s

Die dag toe die Taboeke hier aangekom het.  Daar is nie veel om daaroor te sê nie, dis 'n oomblik om te geniet!  

Dis ook die dag toe ek besluit het om met die Taboeksjou te begin.  As jy 'n goeie plan het vir 'n Taboeksjou, laat my gerus weet!

Copyright © 2025 Riku Lätti's Official Website. All Rights Reserved.
Joomla! is Free Software released under the GNU General Public License.