Photo Gallery/Foto's
Ek het vergeet waar en wanneer en deur wie hierdie foto geneem is.
Hierdie foto van Frazer Barry en Riku is vermoedelik geneem deur Bamboesina van die See, Hermien de Vos, tydens 'n Wasgoedlyn verfilming in die Bo-Kaap.
Een jaar vertel het OPPIKOPPI 'n spesiale verhoog gemaak vir die Wasgoedlyn wat gesleep is deur 'n Cardboard Cadillac/bakkie. Hier die verhoog het deur die hele plaas gery en het musiek gespeel vir almal waar ons kom. Op hierdie foto speel Toast Coetzer, Erns Grundling, Churchil Naudé, Mervin Williams, Rian Malan almal saam.
Hierdie foto was behind the scenes van 'n Kaalkop Waarheid sjou, geneem deur Willem Mulder.
Ons laaste show saam met die Gereformeerde Blues Band was by Evita se peron met: Churchil Naudé, Willem Möller, Jackie Lätti, Riku Lätti, Tonia Möller, Jannie Hanepoot van Tonder en Lloyd Ross. Foto deur Stefan Hurter.
Jahn Beuke, Riku Lätti & Arnaud van Vliet is die groep Radio Lava
<iframe style="border-radius:12px" src="https://open.spotify.com/embed/album/6nD69s8bmtycGZa3sNoMfD?utm_source=generator" width="100%" height="352" frameBorder="0" allowfullscreen="" allow="autoplay; clipboard-write; encrypted-media; fullscreen; picture-in-picture" loading="lazy"></iframe>
Daar was 'n lieflike mens genaamd Henry Engelbrecht wat kuns gemaak het met sy kamera deur mense af te neem soos hulle musiek speel. Hy het op die ou end sy lewe daarvoor gegee: Covid gekry by 'n Rock-konsert en ongelukkig daaraan gesterf. Ons is lief vir hom en steeds baie dankbaar vir wat hy vir ons almal gedoen het. Lank mag hy leef deur wat hy vir ons agtergelaat het. Dankie vir die al die mooi wat jy gemaak het, Henry!
Die dag wat Riku en Jackie van die plaas in Hekpoort getrek het na Strand, het Riku vir oulaas bietjie klavier getokkel vir die Magaliesberge en al sy diere.
Nog een van die pragfoto's van die uitstekende fotograaf Suzanne Joubert. Moenie ons vra hoe dit gedoen word nie. Ons het bloot rondgestaan en weird gelyk en toe ons weer sien het Suzanne al hierdie mooi foto's van ons geneem. Dit was natuurlik gedoen by die Taalmonument in Paarl
Hierdie foto is geneem kort nadat kinders om Riku saamgedrom het omdat hy 'n rooi fluitjie gespeel het in die stofstrate van Nieu-Bethesda. Daardie fluitjie is later verruil vir 'n mooi klipkunswerk. Albei betrokke partye dink hulle het gescore uit die deal uit
Gideon Breytenbach het hierdie foto geneem tydens die Wasgoedlyn se konsert by Backsburg waar onder andere Anton Goosen, Die Kaalkop Waarheid, Piet Botha, Willim Welsyn, Churchil Naudé, Tribal Echo, Albert Frost, Akkedis en Valiant Swart opgetree het. Was pret.
Hierdie foto is genen by die Taalmonument deur Suzanne Joubert. Onnodige informasie: hierdie spesifieke trekklavier is ongelukkig gesteel as jy dit toevallig iewers sien laat ons gerus weet.
Riku Lätti & Arnaud van Vliet (Radio Lava) rondom 2006 in Richmond, Johannesburg.
Foto deur Katvrou, Carina van Staden
Sekere herinneringe bly mens by. Hierdie dag was ek besig om te skryf aan die lied "Waai" vir Jans Rautenbach se laaste film Abraham. Dit alles het gebeur in Vlakteplaas aan die voet van die Swartberge. Hierdie spesifieke dag was ek op die damwal by Schurwekop besig om na 'n melodie te soek op die trekklavier, toe oom Jans in die verbyry sy kamera gryp, my onwetend afgeneem het en die foto later vir my stuur. Dit was een van die meer betekenisvolle leerskole in my lewe om deel te wees in die Abraham-proses. Vir almal, maar veral vir Gustav Kuhn, Jans en Almeri Rautenbach, is ek so ongelooflik dankbaar.