Media
Lätti dalk tog redder van Afrikaans
Die Burger 10/16/2004
MARIANA MALAN
RIKU LäTTI is een van die min kunstenaars wat kan spog met twee Sama-benoemings in een jaar. Dit was boonop met sy debuutalbums in Afrikaans.
Sy album 'n Pleister vir my nerwe is in 2002 in die kategorie beste Afrikaanse kontemporêre album benoem. Die instrumentale Woknawyf! , wat in dieselfde verpakking verkoop is, is in dieselfde jaar benoem vir die beste instrumentale album. Hy het ook die Geraas-prys vir die beste alternatiewe album met Pleister gewen.
Die album Nou , wat hy saam met Jean Marais as die groep 12Hz uit gegee het, staan steeds hoog aangeskryf en kenners beskou dit as een van die progressiefste albums nog in Afrikaans. Hy is ook al beskryf as die redder van Afrikaanse musiek .
'n Mindere musikant sou so 'n gewigtige getuigskrif nogal intimiderend kon vind. Tog kry 'n mens die idee dat hy sy nuwe album, Aan't sterre tel , sonder vooropgestelde idees en sonder pretensie aangepak het. Die produk is weer eens oorspronklik, propvol verrassings en suiwer luistergenot.
Lätti het in die verlede gesê hy spreek nie doelbewus enige kwessies aan nie, maar dat daar boodskappe is vir mense wat wil luis ter. Hierdie keer takel hy die Amerikaners en ongeregtighede op die man af in "Oorlogtyd", "My Amerika" en "Osama bin Laden".
Daar is egter ook treffende liedere oor die liefde en verhoudings in die algemeen. Die musiek wissel van luistervriendelik tot uitdagend-ingewikkeld.
Die snit "My Amerika" is 'n akoestiese pragstuk. Lätti begelei homself op die klavier op een van die treffendste Afrikaanse liedjies die afgelope tyd.
Ten spyte van die titel, is dit universeel toepaslik. Wanneer hy met Paul Riekert van Battery 9 saamspan in "Osama bin Laden", word 'n kleuterrympie op sy kop gedraai en in 'n skrikwekkende werklikheid geplaas.
Die duette op die album is verrassend en uitsonderlik. Hy sing saam met Laurika Rauch "Op die maan". Die duette bied aan genoemde kunstenaars nuwe uitdagings en verleen aan Lätti se vertolking 'n besonderse dimensie. Ander kunstenaars sien deesdae die potensiaal van sy werk raak. Karla du Plessis het ook op haar nuwe album, Steeds op vrye voet , een van sy liedjies opgeneem.
Wat die meeste van Lätti imponeer, is dat hy nie onverantwoordelik rebelleer nie. Hy verskuif eerder grense omdat hy nie bang is om te eksperimenteer nie.
Die humor in sy lirieke vang jou soms onkant, maar is waarskynlik ook 'n manier om sy voete op die grond te hou terwyl sy kop tussen die sterre ronddwaal
Riku Lätti en Kristoe Strauss skitter in Centurion Teater
2004/11/01
Elisma Roets
Centurion het nog nooit so tuis gevoel nie, Riku Lätti en Kristoe Strauss het nie net die stage met mekaar gedeel nie maar met die hele gehoor. Dit was surreal... het gevoel of ek my rondjaag Universiteitslewe gelos het om in die alternative groove saam met Riku en Kristoe te kuier – so cool!
Dit het my herinner aan daai clips wat hulle in die ou dae van die Beatles gewys het, waar Lennon ‘n show in sy sitkamer gehou het vir sy grootste fans, dit gee ’personal show’ ‘n nuwe betekenis! Die gehoor het geparticipate in al hul jokes oor karre, die Vrystaat, Radio Kansel, boewe, oor vet wees, FAK commercial covers, die “kunstenaars” wat hulle cover en Kristoe se Blues in C...
Die gehoor was vol verrassende elemente van lang hare, vaal hemde en ‘n paar individue wat gelyk het asof hulle reg uit ‘n bad 70’s sitcom geklim het. Al wat die teater nodig gehad het was ‘n white picket-fence, ‘n paar roosbome en ‘n golfbal posbus en ons was in Pleasantville. Die gehoor was defnitief die show. Almal was musieksielle en beslis in hul gemaksones. Hulle was hulself – daar was geen pretensie nie. Almal was meer en deels fans wat vriende geword het en soos Riku gesing het, het al die Bee Gees’ van die gehoor saam gesing.
Met flippen baie rooiwyn en ‘n paar rustige nommertjies op die klavier het Riku, die lovechild van die Afrikaner musiek genre, die mood geset maar net om dit weer te breek met treffers vanaf sy CD, ’n Pleister vir my nerwe.
Kristoe bid toe vir die “siek bliksems”, Riku is “op die maan” en Fritz bedel “merlou en kaberny” van die gehoor met kaalvoete, ‘n vuil jean en ‘n botteltjie melk wat skop (vodka)! Dit is nie elke dag dat mens in ‘n teater ‘n “gesoefiestikeerde boemelaar” sien wat met ope arms aanvaar word nie!
‘n Tafel word weggeskuif en ‘n paar vriende maak hulself gemaklik op die vloer, om soos kaalvoet-kruisbeen kinders van Woodstock in ‘n kringetjie te sit en hubly te rook. Van die stage af kry die gehoor “It will snow in the Centurion theatre” terwyl Fritz as ‘n back-up dancer dien vir ‘n song oor als wat alternatiewe musiek behels – sex, drugs and Rock ‘n Roll!
Terwyl ek my eie bottel wit twee oseane drink en my rooi skoene wip, vertel Kristoe dat Drikus Barnard van Brixton Moord en Roof Orkes eendag gesê het: “Die Revolusie is al lankal aan die gang” en tog is dit “ons missie om te sing…” Kristoe bederf ons toe met sy klanke in C.
Na die show was ek bevoorreg genoeg om ‘n bietjie met Riku te gesels. ‘n Paar mense is nog in die teater, die kruisbeen-kinders en Riku se ma om presies te wees. Ons gaan sit eenkant, met ons eie versnapperinge, Riku s’n vlek en myne maak kopsere!
“Hoe gaan dit met jou Riku?” Riku huiwer eers ‘n bietjie en antwoord, “Give or take a couple of things eintlik oortreflik, ek’s ook op ‘n punt waar ek my musiek in ‘n nuwe rigting moet stuur.”
“Waarheen is jou musiek oppad?” vra ek terwyl vriende vir Riku kom groet. “Nee, ek hoop ek kan nog baie musiek maak voordat ek daai eind-destination reach. Ek hoop nie ek weet nou al wat ek dan gaan doen nie. Ek wil nie weet waar ek is oor vyf jaar nie, ek hoop dis ‘n surprise.”
“En môre? Wat gaan jy môre doen?” Riku drink aan sy rooi-goed, “Môre moet ek vir die Nelson Mandela Foundation computers install.”
Riku lyk ewe in sy skik, die show het goed afgeloop – cool, casual en flippen kraakvars! Almal kuier nog jolig aan, en ek wonder of hulle koffie hier bedien.
“Aan’t sterre tel... waarvandaan kom die naam?”
Kristoe is besig om sy kitaar weg te bêre. “Op my eerste CD is daar ‘n track genaamd ‘sterre’. As jy ‘n parrallel moet trek en heavy academic wil wees met music, wat ek glad nie is nie, dan sal jy sê maar hierdie outjie het gesê op sy eerste CD: Kyk na al die sterre, wonder of daar lewe is en selfs al sou daar wees, sou dit intellegent kon wees. In die laaste jaar het ek ongelooflike baie sterre ontmoet, hoog, laag, low flying satellites, high flying supernovas – ek het hulle almal ontmoet. Ek het great vriende en verskriklike weird kennisse gemaak.”
“In jou CD, Pleister vir my nerwe het jy meer pop, funk... verskillende genres gebruik. Dié CD, aan’t sterre tel, is soveel meer volwasse, jy’t adult contemporary gegaan, hoekom?”
Nog mense kom groet vir Riku, wil weet waar Kristoe is en ons geselsies kom tot ‘n halt, net vir nou anyway!
“Ek het een genre gekies en ek’t daarmee gestick basies, as ek ge-eksperimenteer het, het ek meer controlled ge-eksperimenteer. Die CD is soos musiek waarvan ek hou, dis soos byvoorbeeld Radiohead, ek’s mal oor hulle. Coldplay ook, wat nice is maar nie dieselfde diepte het as Radiohead nie. Ek luister bitter min Suid Afrikaanse musiek, vir influences anyway…”
My twee oseane is amper klaar, die kruisbeen-kinders is nog besig in hul kringetjie en die musiek is af. My kop voel swaar maar dis lekker hierso.
“Daar’s ‘n liedjie op jou CD Smoorverlief, is jy?”
Sonder om te huiwer antwoord Riku dat hy is.
“Jy sing ook oor die maan, wat’s vir jou op die maan?”
“Sjoe, dit is daai plek waar jy is, waar jy verlig word van jou hierdie nou-lewenservaringe. Ek dink nie meer aan wat ek gekoop het by Checkers nie, of wat ek môre moet doen nie. Jy dink nie aan bullshit nie. Jy vergeet waar jy is, jy vergeet wat jy in jou sakke dra, jy vergeet watse mense om jou is, maar jy’s bymekaar, jy dra klere, jy het hierdie goeters in jou sakke, but your somewhere else.”
Op die CD het Riku duette sam “high-flying supernovas” soos Laurika Rauch, Liela Groenewald en Paul Riekert. “Paul Riekert, daai dude, ek wou net saam hom goed gedoen het. Laurika praat die mooiste taal wat ek nog ooit gehoor het. Laurika het ‘op die maan’ ge-inspireer.”
“Vertel my van jou band, Riku.”
Die teater voel leeg sonder musiek, ek dink hulle jaag ons nou weg.
“O, ek’t die beste band in land, ek is die weakest link in die band. Ek’s die ou wat die minste kan kitaar speel, die ou wat die minste kan pitch… my band is amazing. Ek is regtig die weakest link.”
“Jy sing ook in ‘n band met die naam 12hz saam Jean Marais, wat’s die storie daar?”
Riku dink Jean Marais is super intelligent en maak ongelooflike musiek. Hy voel ook dat die wêreld nog nie gereed om sy musiek te hoor nie. “Hulle dink musiek is lekker, dis lekker, ons gaan kunstefees toe, ons hoor lekker tunes, ons fokkin luister die heeltyd kak lekker tunes, ons word dronk en die musiek gaan verby, music is my lewe sê hulle... maar niemand luister na die musiek nie. Mense in ons land luister nie na musiek nie.”
“Wie’t jou ge-inspire om musiek te maak?”
Sonder om te dink noem hy die Beatles en Stefan de Jager. Sonder dié mense sou hy nie begin musiek maak het nie.
(Dankie julle!)
Met my laaste vraag is ons wyn ook klaar. “Is jy ‘n ware Afrikaner?”
“Ek’s nie ‘n ware Afrikaner nie, ek praat toevallig Afrikaans. Ek hou baie van my taal, maar dis toevallig dat ek Afrikaans is. Ek kon wakker geword het in ‘n heeltemal ander land en as ek van daai mense gehou het, sou ek hulle taal gepraat het. Als is toevallig, jy kan nie kies nie maar jy kan kies hoe jy voel daaroor.”
Riku spring op, wink my nader en speel iets verskriklik mooi op die klavier. Kristoe kom van agter die gordyne uit, en so begin Riku Imagine van Lennon speel. Die kruisbeen-kinders sing saam, Riku se ma ook. “Imagine all the people living for today.” Daar was weer musiek, ek dink ek gaan nog ‘n rukkie bly... Riku lyk bekommerd en sê vir my iets wat by my gebly het tot die volgende dag toe.
“Elisma, kyk hoe oud is my hande. En dit maak my bang, jy weet, ek’t nog so baie wat ek wil doen, en daar is nie genoeg tyd nie.” Ek’t maar vir ons nog wyn gaan haal...
Riku is nie op die Fame-campaign nie. Dis vir hom oor die musiek, die movement, oor sy gemaksone. Dit was defnitief ‘n time-lapse vir ‘n plaas/stadskind soos ek in musiek, styl and everything else.
“fluit fluit, my storie is uit…”
Riku Lätti – Aan’t sterre tel - 'n album review
11/1/2004
Elisma Roets
Sjoe!
Riku is ‘n kosmiese musieksiel met soveel talent. Die songs op die CD wys sy benadering van die lewe en sy musiekstyl wat absolutely die huidige transendeer – menend, hy sing oor sy goed, sy nou-lewenservaringe. Maak vir ‘n interessante luister.
Hy het sy vorige CD se pop, funk, rock, folk, alternative uniqueness vervang met pure magic! Innoverend, volwasse, catchy. Riku maak afgewerkte rou musiek wat by jou bly. Met songs oor Bush en Osama Bin Laden wat regtig tref. ‘n Lovesong so mooi, fraai, skoon gepoeier en duette wat jou onverwags in die diepkant ingooi sonder waarskuwing. Hou ‘n ogie vir sy duette saam Paul Riekert en Laurika Rauch, dis musically very solid met ‘n classic vibe wat jou gaan hook na twee keer se luister. My eerlike opinie is dat, it was ‘n very bold move, maar Riku... you pulled it off, baby! Die duette is so amazing, jy kan sien in watse klas Riku se musiek actually behoort.
Hierdie CD is soos die twee blommetjies op Wielie Walie – so flippen eerlik soos maanskyn. Riku is ‘n ware pionier van alternatiewe “anderste” musiek. Dit sal in enige taal praat, soos hy sê - hy’s toevallig Afrikaans. Sy musiek is nie ge-shackle aan Afrikaner kultuur-erfenis nie. As Riku nie gesing het nie, sou hy nie saam die volkies koring gesny het nie, hy sou ook nie aangestap het saam die Rooies nie. Hy sou als herskryf het... ek’s dankbaar.
Rating: *****
* Blerrie kak!
** Hoe sê jy nou?
*** Flippen oraait hoor!
**** Dit rock!
***** Bliksem, dis BRILLIANT!
RSG speel sy musiek gereeld. TV-kykers het ‘n rapsie van sy bekroonde kunstenaarskap op Geraas, Kwêla, Die Casper Rasper Show en Die Liedjies Wat Ons Ken gesien. Hy’t die Oppikoppi-feesjollers omgetik en die resensente uitgeboul. Nou, danksy Select Musiek, kan jy Riku Lätti se spliternuwe album aan ’t sterre tel ervaar.
Dit is reeds sy vyfde album. Die voriges was Me And Mr Sane (1997), ‘n Pleister Vir My Nerwe (2001), Woknakwyf! (2001) en Nou as 12Hz (saam met Jean Marais). Dié album is deur resensente as die mees progressiewe album nóg in Afrikaans bestempel.
Riku is al beskryf as die man wat Afrikaanse musiek kan red. Hy steur hom nie aan die reëls en persepsies van en oor dié genre nie. Hy keer sy rug op die tradisie van holruggeryde musiekstyle en skep bloot góéie kontemporêre popmusiek. Onbeskaamd: briljante kunstenaarskap, sensitiewe, deurdagte lirieke met, soms, ‘n teug humor daarin verweef. Dié luim word gebalanseerd met erns gestut.
Sy veelsydigheid – suiwer ballades, smeulgladde jazz, ghitaarkragtige akoestiese rock en elektroniese groefgedrewe eksperimente – is indrukwekkend: soos op die dubbel-album ‘n Pleister Vir My Nerwe ten toon gestel. Die tweede album in daardie verpakking, Woknakwyf! is ‘n instrumentale toonvenster van dié ster se musikale grensloosheid: die avant garde-elektronika van dans, trance en trip-hop. G’n einde aan talent hier nie!
Die nuwe album, aan’ t sterre tel, bevat 13 boeiende snitte (waarvaan een “versteek” is); almal uit sy pen, behalwe Op Die Maan, met ‘n bietjie Karen Zoid daarin. Inteendeel, Riku tél inderdaad (die) sterre hierop: van Laurika Rauch tot Liela Groenewald, Paul Riekert (van Battery 9) en Joos Tondeldoos en Die Dwarstrekkers.
Die treffendste duette hierop – en gewis radiomatige treffers – is Medisynemens en Op Die Maan (Laurika Rauch) – wat elkeen hul eiesoortige stembekoring en interpretasie-nuanses in sonderlinge stylstemminge verleen. Inteendeel, die album is gepak met luistervriendelike musiek: ook Smoorverlief, Waar is jy, Superman, Soms, Anders en Staar – álles verrassende musikale prentjies oor die liefde en verhoudings: van ballade-verleiding tot aanhitssende ritmeprikkels.
Met enersyds universele kapstokke ruk Riku die luisteraar in die grieselrige werklikheid in met die snitte Oorlogtyd, My Amerika, Deesdae en, veral, Osama Bin Laden (met die Battery 9-trefkrag en Paul Riekert se rasperrêp!). In dié parodiesnit kry ‘n onskuldige kleurterrympie ‘n skokklap wat ver verby 7de Laan en Osama Bin Laden sidder.
Die sogenaamde alternatiewe genre word dikwels gekenmerk aan rebelsheid en revolusie, maar in Riku se geval gaan dit eerder om begrip vir musikale tendensies en gepaardgaande verskuiwings. Hy ontsnap stagnansie en skep wydtreffende vernuwing met poëtiese Afrikaans en progressiewe klanke. Dit is bloot dêm góéie popmusiek deur ‘n filosoof wat sy wyn geniet.
Die musikante
Riku Lätti - stem, kitare en klawers
Peter Auret - tromme, slaangoed en klawers
Cesaré Cassarino - kitaar en baskitaar
Rory Gaddin - kitare
Jonathan Crossley - kitare
Riku se nuwe album poëties en progressief
Die Burger 8/28/2004
Hy het die Geraas-prys vir die beste alternatiewe album gewen en hy spog met twee Sama-toekennings (beste Afrikaanse kontemporêre album en beste instrumentale album).
Hierdie is reeds Riku Lätti se vyfde album. Dit word deur sommige resensente as die progressiefste album nóg in Afrikaans beskou.
Riku is al bestempel as die man wat Afrikaanse musiek kan red. Hy steur hom nie aan reëls en persepsies nie. Hy keer holruggeryde musiekstyle die rug toe en skep bloot goeie kontemporêre popmusiek.
Onbeskaamd: briljante kunstenaarskap, sensitiewe, deurdagte lirieke met soms 'n stukkie humor daarin verweef. Dié luim word gebalanseerd met erns gestut.
Sy veelsydigheid -- suiwer ballades, smeulgladde jazz, kitaar kragtige akoestiese rock en elektroniese groefgedrewe eksperimente is indrukwekkend.
Aan 't sterre tel bevat 13 boeiende snitte, almal uit sy pen, behalwe "Op die maan", met 'n bietjie Karen Zoid daarin.
Inteendeel, Riku tél inderdaad (die) sterre hierop: van Laurika Rauch tot Liela Groenewald, Paul Riekert (van Battery 9) en Joos Tonteldoos en Die Dwarstrekkers.
Die treffendste duet hierop -- en gewisse radiomatige treffer -- is "Op die maan" (Laurika Rauch).
Die album is die ene luistervriendelike musiek -- ook "Smoorverlief", "Waar jy is", "Superman", "Soms", "Anders" en "Staar" -- verrassende musikale prentjies oor liefde en verhoudings: van ballade-verleiding tot aanhitsende ritmeprikkels.
Met enersyds universele kapstokke ruk Riku die luisteraar die grieselrige werklikheid in met die snitte "Oorlogtyd", "My Amerika", "Deesdae" en, veral, "Osama bin Laden" (met die Battery 9-trefkrag).
Riku ontsnap stagnasie en skep wyd treffende vernuwing met poëtiese Afrikaans en progressiewe klanke.
EK stap met my masjiengeweer
Om te oordeel wat jy vra
Ek treur oor my Amerika
Die son sak neer oor haar
Uit: My Amerika van Riku Lätti
Riku Lätti - Aan't sterre tel
Die man se naam mag straks vir baie mense onbekend wees en ietwat on-Afrikaans klink, maar 'n paar heel skaflike Afrikaanse pop/rock-albums van hom het al die afgelope paar jaar ons CD-spelers getref.
Saam met Jean Marais (die eertydse sanger van die alternatiewe groep Duusman) het Lätti as die groep 12Hz ook 'n jaar of wat gelede 'n uitstekende popalbum, Nou, uitgereik.
Sy nuwe album, Aan't sterre tel, span egter die kroon. Dit is 'n uitstekende album propvol ewe skaflike musikale vakmanskap. Interessant is egter die onverwagte medewerkers aan die album.
Die musiek klink vars en funky en het selfs tipiese pop-ondertone. Dit takel ook 'n hele aantal hedendaagse issues (sommige politiek).
Sommer met die wegspring is dit die groot Amerikaanse leier wat gepak word in die jazz/funk-snit Oorlogtyd: "Daar is Bush / hy lyk woes / en almal dink hy is 'n . . ." Selfs sy groot vyand kry 'n bietjie simpatie: "Maar Saddam was die enigste lam / wat die arend wou vang / maar hy's wyd en die hele Irak / is met bomme beskyt."
Op die die snit Osama Bin Laden is dit nog 'n welbekende, Paul Riekert van Battery 9-faam, wat sy besonderse klankmengsels byvoeg met tipiese Battery 9-gevolge. Die hoogs onderskatte Liela Groenewald dra ook haar besonderse sangstem by.
Die verrassings hou egter nie hier op nie: Halfpad deur die snit Op die maan tref Laurika Rauch se unieke sangstem die luisteraar se ore. Selfs 'n geswore nie-weer-Laurika-nie-sinikus soos ek moet erken dat haar stem 'n onvergelykbare teenwoordigheid aan die snit verleen. Die kombinasie van haar en Lätti se uiteenlopende stemme maak Op die maan een van die album se uitstaansnitte.
Riku Lätti se nuwe album Aan't sterre tel is reeds geoormerk as een van Klankdig se groot hoogtepunte van die jaar.
Riku tel sterre
Jip 12/13/2004
Angola Badprop
Riku Lätti is nie 'n man wat bang is om te eksperimenteer nie. Sy nuutse album, Aan't sterre tel , is nou uit en volgens hom het die fokus daarvan sommer binne een CD die heeltyd verander.
Jy kan dit hoor ook. Een song is rustig, die volgende een bietjie meer funky en dan is daar sommer weer iets hardcore. Dis wanneer jy weet 'n ou is veelsydig, want hy bind hom nie net aan een styl vas nie. Dit het hy reeds bewys met sy vorige Pleister vir my nerwe , 'n album wat in verskeie opsigte heeltemal te underrated is as dit kom by cool Afrikaanse tunes. Vir die eerste keer is daar ook 'n vol band wat heeltyd hul staal wys. Talentvolle musikante saam met 'n talentvolle liedjieskrywer.
Riku span hierdie keer ook kragte saam met verskeie ander kunstenaars, en dit is elke keer iets heeltemal nuut. Selfs hiermee is dit iets waarmee jy nie die ou kan peil nie. Hy sing op een saam met Laurika Rauch, op 'n ander saam met Paul Riekert en op nóg 'n ander saam met Liela Groenewald. Die effekte is nice, en die resultate ryk en melodies. Lätti het homself weer eens bewys as een van die beste Afrikaanse song skrywers in die land. Ons chat met hom oor hoe hy, wat gewoonlik maar op sy eie mission is, dit ervaar het om saam met ander kunstenaars kragte saam te span.
Die saamspan met Laurika is iets waaroor hy aanvanklik swyg. Hierdie track, Op die maan , is maklik een van die mooiste songs op die CD. "Ek het haar gebel en gevra om saam met my op te neem," sê hy. "Toe lag sy vir my."
Volgens Riku het Laurika gesê sy doen nie eintlik sulke goed nie, maar hy is welkom om vir haar te kom kuier. Hy het so gemaak en die laaste track op die CD, Deesdae , vir haar gespeel. Sy het so baie daarvan gehou dat sy toe ingewillig het om die ander song saam met hom te doen.
"Sy sal nie sommer ja sê vir so iets nie," sê Riku, wat baie bly is hy het hierdie geleentheid gekry. "Sy hou van kwaliteit. Dis haar reputasie. Kwaliteit."
Paul Riekert is 'n perd van 'n ander kleur. Riku lag en vertel hoe hy op hoërskool 'n fan was van Riekert se eerste band, Joos Tondeldoos en die Dwarstrekkers.
"Dit was die eerste goeie band wat ek live gesien het," sê hy.
Later het Riekert met Battery9 begin en Riku was steeds 'n fan. Nou sing hy op Riku se CD in 'n hardcore skreestem op die liedjie Osama bin Laden. Volgens Riku was Riekert baie gevlei omdat iemand vir 'n slag nie met sy boom box wou kragte saamspan nie, maar met sy stem.
Liela Groenewald, die girl wat naam gemaak het omdat sy so baie saam met Koos Kombuis gesing het, is een van Riku se beste pêlle. Volgens hom het sy 'n "way" gehad om hom deel van haar lewe te maak. "Sy hang uit met mense wat iets in haar lewe beteken. Sy mors nie tyd nie," sê Riku. Sy sing saam op Soms.
As jy met hom praat oor 'n algemene feel van die album sal hy vertel hoe 'n song soos Oorlogtyd chaos veroorsaak het oor hy net nie wou jel nie, of oor hoe 'n song soos Deesdae eintlik maar "homself geskryf het".
Volgens hom is dit introspektief, maar dit gaan ook daaroor om nie kontak te maak met ander mense nie. Hy sukkel self om van sy eie lirieke te ontleed. Die song "Medesyne Mens", gaan wel oor 'n heroïen addict wat een keer Riku se goed gesteel het.
"Dis soos om deur 'n shopping centre te stap," sê hy. "Daar is die gevoel van konstante beweging soos by 'n groot paartie met baie mense. Jy sal almal wil ken, maar jy kan nie omdat hulle aanhou beweeg. Jy word 'n vreemdeling in die crowd. Jy raak so besig dat jou eie skaduwee nie kan byhou nie."
• As jy nou wil sports check - Riku is ook die "President" van die website www.zimdollar.co.za. Hy skryf daar oor allerhande funky goed en steek die draak met die ouens wat scheme dat hulle hierdie land regeer.
Riku Lätti (die enigmatiese President van www.zimdollar.co.za) se nuwe album Aan’t Sterre Kyk is pas vir die land gegee. ‘n Fyn en helder produk met vernuftige woordkartetse en ‘n hele paar skewe grynse onder die arties se snor. Jy gaan straks met ander oë kyk na Osama Bin Laden noudat Riku en Paul Riekert daarmee klaar is in die korrelrige “Osama Bin Laden”.
“Oorlogtyd” is vinnig en glad. Jy gaan die lirieke soms so op die soom wil voltooi. Die toorsnit is “Op die maan” waar Laurika Rauch soos ‘n nuwe kleur in jou kop kom sit. Jy gaan so ‘n bietjie nederig voel. Luister maar self. In “Deesdae” is daar ‘n paar skaduwees met: “Deesdae is mense skaarser op straat, jy sit langs jou skadu soms as jy slaap, deesdae is winkels groter vermaak, spandeer al jou rande om vriende te maak.” Moenie jou laat flous deur die strooptitel “Smoorverlief” nie. Jy het nog nooit vir Riku Lätti so gehoor nie. En ja, as jy ‘n ontvanklike persoon in gedagte het vir hierdie lirieke, speel dit. Hard. Jy gaan doodgesoen word.
En die stadige aanvang is ‘n verlokking. Wees gereed vir wanneer Peter Auret met tromme deur die voordeur kom val.
Jy gaan doodgesoen word...
Litnet 1/8/2005
Katvrou
Riku Lätti (die enigmatiese President van www.zimdollar.co.za) se nuwe album Aan’t Sterre Kyk is pas vir die land gegee. ‘n Fyn en helder produk met vernuftige woordkartetse en ‘n hele paar skewe grynse onder die arties se snor. Jy gaan straks met ander oë kyk na Osama Bin Laden noudat Riku en Paul Riekert daarmee klaar is in die korrelrige “Osama Bin Laden”.
“Oorlogtyd” is vinnig en glad. Jy gaan die lirieke soms so op die soom wil voltooi. Die toorsnit is “Op die maan” waar Laurika Rauch soos ‘n nuwe kleur in jou kop kom sit. Jy gaan so ‘n bietjie nederig voel. Luister maar self. In “Deesdae” is daar ‘n paar skaduwees met: “Deesdae is mense skaarser op straat, jy sit langs jou skadu soms as jy slaap, deesdae is winkels groter vermaak, spandeer al jou rande om vriende te maak.” Moenie jou laat flous deur die strooptitel “Smoorverlief” nie. Jy het nog nooit vir Riku Lätti so gehoor nie. En ja, as jy ‘n ontvanklike persoon in gedagte het vir hierdie lirieke, speel dit. Hard. Jy gaan doodgesoen word.
En die stadige aanvang is ‘n verlokking. Wees gereed vir wanneer Peter Auret met tromme deur die voordeur kom val.
Laatnagsluiper wat ontdek
Beeld 2/16/2005
Dirk Jordaan
Riku Lätti is een van daardie kunstenaars wat hoog aangeslaan word deur sy eweknieë in die bedryf - 'n kunstenaar se kunstenaar.
Met goeie rede.
Lätti is 'n bedrewe musikant, 'n liriekskrywer met 'n poëtiese aanslag en, as 'n bonus, 'n kunstenaar met 'n soekende geaardheid.
Hy is 'n laatnagsluiper, 'n ontdekker van klanke en 'n vrye gees wat hom nie steur aan musiekneigings of platemaatskappye se maatstawwe oor gewildheid nie.
Daarvan getuig sy 'n Pleister vir my nerwe (2001), meer eksperimentele Woknakwyf! (2001) en sy werk saam met Jean Marais van Duusman op 12Hz.
Aan't sterre tel is egter sy beste werk tot dusver, moontlik omdat dit die eenvoudigste aanslag het van al sy albums. Die 12 snitte getuig van iemand wat die lewe belééf, maar ook oor die lewe nadink.
Lätti het 'n paar gaskunstenaars nader getrek, soos die sangers Laurika Rauch, Liela Groenewald en selfs Paul Riekert. Die briljante jazz-kitaarspeler Jonathan Crossley doen ook diens.
Die gevolg is 'n album vol verskeidenheid wat nie opdringerig of raserig is nie, maar 'n stewige en liriese platform skep vir sy woorde.
Woorde soos "Ek sien ons het 'n kans verbeur, die konings het met ons god gespeel, hul woorde is van sin beroof, die skade is in die nuus geloof" (My Amerika) en "Agter die aarde wag, verlore ure, geduldig dag, breek weer aan, sleep my saam, lief het ek my oë vir jou gemaak" (Op die maan).
Hy het ook begrip vir die waarde van 'n goeie chorus, wat die liedjies oorwegend baie toeganklik maak.
Lätti is 'n belangrike liedjieskrywer vir moderne Afrikaanse musiek. Nou moet meer mense dit nog net besef.
Lätti is vir twee GMT's benoem - in die kategorieë liedjieskrywer van die jaar en beste manlike solo-kunste naar.
album not to be missed
eveology 3/17/2005
Aan't Sterre Tel: download or stream: Aan't sterre tel
This is an album not to be missed. It isn't often that you discover an artist who at such a young age has so much to say with his philosophical, poetic lyrics. It sounds new and fresh, unlike any other Afrikaans or South African artist. And to top it all the tunes are really memorable. The CD consists of 13 songs, all original, with some input by Karen Zoid in “Op die maan”. Several guest artists such as Laurika Rauch and Paul Riekert from Battery 9 sing duets with Riku.
It is his fifth album and has been called the most progressive album ever in Afrikaans. It is brilliant, sensitive lyrics, well thought out, always with a social or political comment and a little humour. His music is really versatile – from ballads to smooth jazz, acoustic guitar and electronically driven experiments. My favourites are “Oorlogtyd”, “My Amerika” and “Osama Bin Laden”.
***** Wow!
Rapport Tydskrif 3/27/2005
Wikus du Toit
In Afrikaans het daar nog bitter min albums verskyn wat perfek is. Dalk Coenie de Villiers se Skoppensboer, Laurinda Hofmeyr se Ligdag, of Amanda Strydom se Op 'n klein blou ghoen. maar self daai albums het nie 100% die kol getref nie, hoewel dit loshande die beste is wat ons land gesien het. Wel, Riku Lätti se nuwe album is ook amper perfek! Die album werk net op soveel vlakke dat jy verstom gaan staan oor hierdie man se idees, kreatiwiteit en skryfvermoë. Dis werklik iets spesiaals. Dink aan iets tussen R.E.M. en Green Day. Tussen Maroon 5 en David Gray! Luister veral na My Amerika en Osama bin Laden, wat albei so sterk satiries kommentaar lewer op die toestand van ons wêreld dat Lätti meer sê as wat enige politikus ooit kan. Maar om alles te kroon, bevat hierdie album ook nog een van die beste Afrikaanse songs tot nog toe: Smoorverlief. Absoluut briljant.
Luister ook na die beautiful duet saam met Laurika Rauch, Op die maan. Verstommend. Hierdie album is so na aan perfek as wat hulle kom en dis ongelooflik great om weer en weer daarna te luister, want elke keer hoor jy iets verder weg, dieper en meer kreatief! Wow!
Riku Lätti, elke dag anders
Rapport 6/5/2005
Marenet Jordaan
Riku Lätti glo in natuurlike keuring. Gee vir almal wat wil 'n kans om 'n CD te maak - hoe meer hoe beter.
"Die ding wat die regte koord slaan in al die chaos sal oorleef," sê dié 31-jarige musikant en internet-ontwikkelaar. "Mense gaan nie vir ewig na gemors luister nie."
Hy glo ook dit is die beste manier om gehalte in Afrikaanse musiek te verseker. "Afrikaans was k*k toe ons hom beskerm het. Nou beskerm niemand Afrikaans nie en hy floreer."
Lätti is vanjaar met 'n Geraas-musiektoekenning (GMT) as beste manlike kunstenaar bekroon vir sy CD Aan 't sterre tel. Hy het in 2001 ook 'n GMT ingepalm vir beste alternatiewe album vir Pleister vir my nerwe.
Vir Aan 't sterre tel het hy saamgewerk met gaskunstenaars soos Laurika Rauch, Liela Groenewald en Paul Riekert. En Lätti-aanhangers kry op dié CD dertien oorspronklike liedjies uit Lätti se pen.
Maar hy is nie net bekend as sanger en liedjieskrywer nie. Baie mense ken hom ook as "president" van die satiriese webruimte www.zimdollar.co.za.
Lätti het dit sowat twee en 'n half jaar gelede begin "om pret te hê en twak te praat".
"Hy het vervorm en iets nuuts geword," sê hy oor die groei van sy webwerf-kind.
Deesdae het hy talle medewerkers en kan hy spog met lesers oorsee en plaaslike aanhangers soos Koos Kombuis. "Ek het van die beste minds op die internet bymekaar. Dit is buite my beheer . . . ek wil dit nie terughou nie."
Ondanks sy draakstekery met enigiemand van George W. Bush tot Robert Mugabe - op sy webruimte en in sy musiek, sê Lätti hy is nie 'n "politieke" mens nie. "Ek is net oop vir argumente wat van allerhande plekke af kom."
Hy is ook huiwerig om homself as 'n alternatiewe musikant te bestempel. "Ek beskou myself as populêr, want ek het langtermynplanne."
Hy glo in elk geval die term "alternatief" is baie tydgebonde. "Môre is ek 'n ander mens as wat ek vandag is."
Hy probeer glad nie om "anders" te wees nie.
"Die belangrikste is om dit wat jy kan doen die beste te doen. En dan om eerlik met jouself te wees. Dan gaan jy nie klink soos 'n ander ou nie."
Hy speel kitaar en klavier en beskou die toekennings wat hy al gekry het as aansporing om al hoe meer uitsette te lewer - eerder as 'n doel op sigself. "Dit gaan nie eendag op my grafsteen staan nie," spot hy.
Hy was wel bly oor die geleentheid wat die oorhandigingseremonies hom gegee het om dankie te sê en vir die kuier saam met al die ander musiekmakers.
Luidens sy persoonlike webwerf, www.rikulatti.co.za, is sy "lewensmissie om soveel musiek van die hoogste standaard met die verloop van my relatief kort aardse bestaan die lig te laat sien".
Maar Lätti sê dit is vir hom nóg belangriker om ander mense te inspireer om iets te begin.
"Ek is chuffed met wat ek sien by die jong bands."
Hy bewys dit deur die erkenning wat hy gee aan Die Melktert-kommissie se kitaarspeler, Betsi van Zyl, met wie hy voor hierdie onderhoud gesit en stry het oor 'n nuwerwetse rekenaarskyf.
Lätti, wat twee grade in filosofie aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal het, verdeel sy tyd tussen die internet en musiek - met die skaal wat deesdae 'n bietjie swaarder na die rekenaar se kant toe neig.
Hy werk tans aan 'n opwindende nuwe projek vir die internet waaroor hy nie veel wil verklap nie. "Just do it, and explain later," sê hy.
Hy skryf nie net vlymskerp lirieke nie, maar maak tussenin ook tyd vir sy grafiese kuns, wat as "Riku se meesterstukke" op sy webwerf vertoon word, tesame met sy woordkuns, wat hy sê "gedugte gedagtegedigte" is.
Lätti het 'n huis in Linden, Johannesburg, maar sy groep se kitaarspeler het hom al geterg dat hy eintlik uit sy motor se bagasiebak leef.
"Ek leef maar soos die wind my waai," lag hy.
Soms verloor ek die plot . . . maar veelsydige Riku Latti weet hoe om die pen in te lê
Kampus-Beeld 7/30/2003
Cathrin Myburgh
'n Gemini maak jou een uit elke twaalf, as webwerf-ontwerper is jy deesdae geensins uniek nie en 'n filosoof vind mens om elke kampvuur. Wat dan nou van skrywer en musikant?
Maar sit al hierdie bymekaar en dit kan jou heel moontlik een in duisend maak. En Riku Latti, hou vas, hy kan óók rugby speel -- "maar niemand wil my 'n kans gee nie".
Hy voel mens moet die lows in die lewe ervaar om die highs werklik te waardeer; en hy hou nie rêrig daarvan om met mense soos ek te praat nie.
Dï t kan ek nou verstaan. Wie wil rêrig jou lewe ontbloot voor 'n totaal en al vreemdeling? Hy hoef egter nie te veel te ontbloot nie, mens kan genoeg van die lewe van 'n kunstenaar in sy oë sien. En hy het toe nie te veel gesukkel om oop te maak nie.
Dit was moeilik om eintlik te praat oor die musiek wat hom 'n bekende gesig in Pretoria se musikale line-up maak, want daar is dié webwerf: Zimdollar ( www.zimdollar.co.za ).
'n Bekende gesig vir baie wat rondkrap, en dit is glo 'n besliste wenner. Hier kry Riku 'n kans om baie van sy filosofieë op die SA massa uit te toets. Hy beplan ook om 'n internetboek te publiseer wat sy filosofie aan die wêreld probeer verduidelik. "Ek het dit nog nie heeltemal geformuleer nie," sê hy, maar hy het wel verwys na Eugene Marais se Die siel van 'n mier , waar dit duidelik is dat mens nie bewus kan wees van dit wat groter is as jy nie . . . Verder wil mens nie uitbrei nie, maar dit sal dan immers nog op internet neergelê word.
Terug na musiek, voel Riku hy is seker die . . . selfpromotor in die geskiedenis van musiek, "want ek is glad nog nie op die scene nie". Hy skryf elke liedjie om in 'n nuwe genre te val, maar die meeste binne die pop-genre. " 'n Tune moet vir my catchy wees."
Ek het nou al Riku live en op CD gehoor en in sy musiek-kokon is daar min verkeerd te vind. Hy skryf in sowel Afrikaans as Engels en die meeste liedjies is vir my oor 'n wenner. Genoeg so dat ek met my eerste ontmoeting baie naby aan groupie- materiaal gekom het. My vriendin, 'n gebore cool cat , het ook so 'n bietjie inmekaar geval.
Tans is Soms die liedjie wat die naaste aan Riku is. En hy voel "enigeen" sal sy musiek "geniet" as hulle die kans kry om dit te geniet. Hiermee moet ek sê kan ek saamstem. Sy musiek is divers, en ek het aanklank daarby gevind.
Europop in Afrikaans jean marais en riku lätti 12Hz
jip 6/24/2002
Angola Badprop
``12 Hz is 'n alpha-wave . . . en dis f***en laag,'' sê Jean Marais en kyk na sy partner-in-crime Riku Lätti. Dis nou ter verduideliking waar die naam vir hul groep 12 Hz vandaan kom.
``Jou brein se frekwensie is so 36 Hz as jy te lank voor jou rekenaar sit,'' gaan Riku voort. ``Dan speel jy vir mense 12 Hz tunes om alles weer normaal te kry.''
Riku Lätti is 'n man wat al 'n langerige pad loop op die plaaslike musiektoneel. Hy het verlede jaar vir homself begin naam maak in Afrikaanse geledere toe hy sy solo-album Pleister vir my Nerwe uitgereik het. Hy't selfs 'n Geraas Musiektoekenning vir Beste Alternatiewe Album daarvoor losgeslaan.
Jean Marais was die voorsanger van die groep Duusman, toe hulle nog Afrikaanse feeste getrotseer het met hul unieke lirieke en perkussiewerk. Hy het opgepêl met Riku toe sy meisie eendag vir dié gehelp het om 'n musiekvideo te maak.
Die ontmoeting was 'n grote, en die disko-duet wat daaruit voortgespruit het, gaan iets word om mee rekening te hou. Okei, disko-duet verdien 'n omskrywing, veral omdat Riku meestal bekend is vir alternatiewe folk en Jean in Duusman naamgemaak het met 'n heel ander klank as wat plaaslike musikante gewoonlik probeer.
``Dis Europop in Afrikaans,'' vertel Riku. Hy het so 'n ruk gelede tot sy groot ontnugtering uitgevind daar is 'n Finse polka-sanger wat dieselfde naam as hy het. Die popmusiek wat hy en 12 Hz deesdae maak, is dus nader aan die Finse popkultuur as dié van die Finse ou sélf.
Riku en Jean het aanvanklik saam begin om van Riku se songs te doen waar Jean sopraan saksofoon en backing vocals daarmee saam doen.
``Funk folk live,'' beskryf die ouens dit. Dis tóé dat hulle reken backtracks kan moontlik aanvullend daarby wees, asook 'n ritme seksie (tromme en baskitaar). So gesê, so gedaan, en die ouens sit nou met 'n klank wat geen ander plaaslike musikant nog werklik kon ewenaar nie. Selfs nie eers dié wat beroemd is vir backtrack-gebruik nie. Hoekom? Want 12 Hz skryf hulle backtracks self. En volgens dié twee sal hulle die backtracks aanhou manipuleer om dit nóg interessanter te maak.
Hulle gebruik nou ook die talente van Peter Auret op tromme en Anton Beukes op baskitaar. En die ouens het pret, want hierdie tipe popmusiek is iets wat jou nie teneergedruk maak of al jou konsentrasie vereis nie jy kan selfs 'n bietjie gatskud op hierdie vibes en sinnelose pret hê ook.
``Daar's net 'n paar groepe soos ons wat getalle in hul name het,'' sê Jean. ``Soos Henry Ate . . .'' Almal lag.
Riku en Jean maak kraakvars klanke wat beïndruk
Die Matie 4/6/2002
Borrie la Grange
As jy hou van "kunstenaars" wat lipsing en resensente moer, was Dorpstraat Teaterkafee beslis nie Woensdagaand die plek vir jou nie. Dié cosy plekkie het wrintiewaar lewe gekry met die kraakvars Afrikaanse klanke van musikante wat hou by die wortels van live musiek.
Die manne verantwoordelik vir dié lewendige vermaak, Riku Lätti en Jean Marais, het sopas teruggekeer van suksesvolle optredes by vanjaar se KKNK. Hul debuut-album as die groep 12Hz, Nou, is van volgende maand af op die rakke. Toekennings Riku het verlede jaar die Geraas-toekening ontvang vir die beste album in die alternatiewe kategorie met sy debuut, Pleister vir My Nerwe.
Jean was voorheen deel van daardie avant garde boogie band, Duusman. Die klanke wat hy uit sy saksofoon optower gee 'n verleidelike jazz-agtige atmosfeer aan die upbeat kitaargedrewe songs. Die meerderheid van die set het bestaan uit liedjies van Riku se album, met 'n paar nommers van die 12Hz projek.
Genre-gewys sou dit 'n fout wees om Riku en Jean se musiek as rock te beskryf; dit het elemente van funk, folk en 'n lekker streep intelligente pop. Hoewel hulle hoofsaaklik Afrikaanse musiek maak, is Riku ewe gemaklik in Engels en sy spitsvondige lirieke beïndruk. Veral op "Suit" en "Pleister" is sy sosiale kommentaar tong-in-die-kies en op die man af.
Dié twee menere het 'n gemaklike benadering tot shows, en daar word tussen songs geskerts oor winkelsentrums wat inmekaartuimel en die betreurenswaardige stand van Suid-Afrikaanse krieket. Daar was selfs 'n gratis aardrykskunde les danksy Riku: "Katmandu is die hoofstad van watter land?" vra hy.
Halfpad deur "Verander" kom die antwoord: "Tibet!" Die gehoor lag en die song gaan voort. Jean lyk by tye soos 'n stout skoolseun op die verhoog met 'n ondeunde kyk in die oë, terwyl Riku die lekkerkry duidelik op sy gesig wys. Die twee geniet wat hulle doen.
van die beste en varste stukkies Afrikaans
Heraut 9/21/2001
Leo Kok
Artist : Riku Latti
Album : ‘n Pleister vir my Nerwe (to listen to the album: 'n Pleister vir my Nerwe)
Alhoewel dié wat Afrikaanse shows buite die kunstefees-tye gaan kyk moontlik nie met my sal saamstem nie, wil dit tog voorkom asof daar wel ‘n era van oplewing aan die kom is in Afrikaanse musiek. Skielik verskyn nuwe kunstenaars by die dosyne, Karen Zoid, Spinnekop, Beeskraal ens., en word hulle vinnig opgeneem deur mense wat weer hulle patriotiese plig besef het, of wat moontlik net uiteindelik gevind het dat die kwaliteit van moderne Afrikaanse produksies kers vas kan hou by enige van die buitelandse produkte.
Vir die lesers wat steeds twyfel is daar Riku Latti, Afrikaanse musiek se verskuilde ster. Sy debut CD, "‘n Pleister vir my Nerwe" het gesorg dat dié wat luidkeels die einde van alles nuut en kreatief in die Afrikaanse musiek voorspel het se mond nou finaal gesnoer is.
Van die eerste oomblik verras hy die luisteraar met liedjies wat nie net uniek en luisterbaar is nie, maar terselftertyd ook spreek van die knaap se wye musiekkennis. Hy trek met hierdie CD uit soveel genres, ván Jazz en ‘n bietjie swing al die pad deur tot ‘n gangster-rap/funk nommertjie genaamd "Valley". Laasgenoemde is definitief ‘n hoogtepunt en een van die beste en varste stukkies Afrikaans wat in ‘n baie lang tyd sy kop uitgesteek het.
Vir die wat dus lus is vir ‘n nuwe CD mag dit dalk ‘n goeie idee wees om in enige CD-winkel in te stap, sy CD op te tel en vinnig daarna te luister. Indien die eerste paar liedjies nie die nodige impak het nie, gaan na liedjie 13 en 14, haal jou beursie uit en koop. Jy sal sien, dit is só goed.
‘n Pleister vir my Nerwe is waarskynlik een van die beste CD in Afrikaans en die aanbeveling is om nou te koop sodat jy, op die dag wanneer hy ‘n huishoudelike naam is, kan sê jy was een van sy eerste fans. Jy sal nie spyt wees nie.
8/10
mature, intelligent music that's easy to listen to
Writer's Club iAfrica.com 7/6/2001
Toast Coetser
Riku Lätti
(**** 4 stars)
'n Pleister Vir My Nerwe
(Independent)
The Afrikaans music scene is in a phase where new stars are emerging alongside the old stalwarts like Koos, Kerkorrel, Valiant and Anton Goosen. There's Karen Zoid, Beeskraal, Akkedis, Spinnekop and now Riku Lätti. Hardly new on the scene, Riku has been sharpening his pop sensibility over the years in his English band, Me and Mr Sane. But like the guys from Diff-Olie and Kobus!, he has decided to concentrate on Afrikaans songs, in the process suddenly enriching the genre significantly.
This album came out last year and is accompanied by an EP called 'Woknakwyf' - an experimental electronic effort. But the main disc is the real treasure here. Riku steers clear of most of his peers' bluesrock/folk direction, focusing his attention on making a straight-out pop album. It's a difficult route to follow, Kerkorrel has tried it before him, for 'alternative' Afrikaans music has seemed weary of the pop idiom in the past.
Riku stands out thanks to his distinctive voice, great lyrics and uncanny knack for getting the pop-formula bit right. In fact, he gets it so right that you'll constantly catch yourself asking 'where've I heard that before?' Not to say that he's copying anyone, it's just that there's such a myriad of pop influences here, that it becomes irrelevant. Sometimes you'll hear early Blur (on 'Rooirok'), then the melancholy of Koos du Plessis ('Pakpoort'), then the delicacy of Dire Straits ('Jas').
But Riku's sound is his own, nothing is stolen from anyone, it's simply new, fresh, original music created from within the knowledge of other music. He got a SAMA nomination for this album, and it's easy to see why: it's mature, intelligent music that's easy to listen to, while still maintaining a nice jab.
Look out for Riku's next project, where he and Jean Marais (ex-Duusman) have teamed up to form a band called 12Hz.
A WEIRDO, BUT AN ORIGINAL ONE
Citizen 5/28/2001
Eugene Goddard
(***** - Brilliant)
If this new guy in Afrikaans contemporary music had done a decade ago what he is doing now, he would have been tarred and feathered and eventually hanged for all to see on Strijdom Square.
No wonder it took time for Riku Lätti to emerge. This country's former privileged citizenry would not have tolerated him, with the "kappiekommando" standing guard over our moral values.
But things have changed. The offspring of NP-voting folk have grown up into space cadets and, for them, Lätti is the quintessential new-age millennium artist.
The last century was simply not ready enough for someone like Lätti. Thankfully, our society is not as repressive as it used to be. The result is the cultivation of wild fruit - and Lätti is one.
For his growth, the fields were ploughed by Kerkorrel and Kombuis. Back then, all the anal people warned against "alternative" Afrikaans music as something distinctly communist. Remember, however, that our society as it used to be raped communism into a fall-guy word for everything evil. If you didn't brush your teeth you could have communist leanings. Because under capitalism everything is shiny. Not forgetting that the working class usually shout their slogans of revolt through grimy teeth.
Picturing Lätti solely against the backdrop of Afrikanerdom would be severly limiting in understanding this brave new artist. Lätti, in fact, can be as atypically Afrikaans as his surname, and yet his beautiful lyricism will make any Afrikaans language purist foam at the mouth with ecstacy.
His eclecticism is a porthole of multi-realm voyages; starkly driven home with a crystalline cosmos-sound on "WOKNAKWYF!", the CD partnering "Pleister".
What we are talking about here is an artist with the potential to turn the brushing of his teeth into music.
Of course, Lätti's enterprising dental soundscape on "Moet nooit die belangrikheid van goeie mond higiëne onderskat nie" is a solid kick in the teeth of any working-class hero.
Needless to say, he doesn't make conventional sense. In fact, he has turned contemporary music on its head. "WOKNAKWYF!" is a pioneering work of art. It's an intstrumental mind-trip which opens up the purchase of "'n Pleister vir my Nerwe" to non-Afrikaners.
This strange little brother to the first CD is very much in the tradition of Orb and won't go down well at a kerkbasaar.
In comparison, the principal disc is normal. Compare to Steve Hofmeyer and company, however, you're still in for a brain-bender on "'n Pleister vir my Nerwe".
Mixing reggae, jazz, balladeering and space rock and hip-hop and bitterkomix-style storytelling, "Pleister" is a much-awaited move against the current "Afrikaanse musiek" establishment.
Lätti's lyricism is crip and clear; he writes about everything from television psychosis to cadillac cruising and that old favourite - love. He does not, however, write about heartfelt feelings like some misguided fool with watery eyes. Rather, he inks and shapes his feelings into composition with a remarkably deft hand for such a newcomer.
Compositions like the epochal "Slaap" have a rhythm, skip, bounce, loop and thrash - a far cry from the usual saccharine drivel or half-assed revolt.
Personally, I found every song unique. Some were immediately captivating. Others had to grow on you. If anything can be read into the cover and supplementary motifs - not forgetting the subtext of the title - then Riku Lätti is the strange mutation that PW Botha and his drones used to have nightmares about.
Go listen for yourself. The first song contains what sounds like backward masking. A very subversive person, this is.
He's weird, but is an original weirdo - which is why you should invest in his, this self-funded music. It will blow your mind.
Otherwise buy it for your ouma.
'n great toekoms vir Afrikaanse musiek
SL 5/1/2001
Hendrik Vermaak
Riku Latti
'n Pleister Vir My Nerwe
(Independent)
Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band het in die 80s 'n nuwe era in Afrikaanse Pop begin, daarna het die alternatiewe beweging vlam gevat, maar die Pop gedeelte daarvan het nooit tot sy volle potensiaal ontwikkel nie. Nou in die nuew dag is daar weer 'n terugkeer na hierdie Afrikaanse Pop, baie in dieselfde lyn as Kerkorrel se meesterstuk 'Eet Kreef'. ''n Pleister vir my Nerwe' is Afrikaanse Pop op sy beste. Dit vleg 'n klomp musiekstyle bymekaar en gooi die taal uit op sy heel gemaklikste.
Die liedjies wat by my vassteek is die liefdes balades 'Onder jou Asem' en 'Verander'. Dan is daar 'Pleister", seker een van die beste Afrikaanse tunes
wat ek in 'n lang tyd gehoor het. Ek hoop dat soos 'Eet Kreef', daar weer 'n nuwe generasie sal wees wat na die musiek sak luister en dan sal weet dat daar 'n great toekoms vir Afrikaanse musiek is.
4/5
Riku Lätti: Changing the rules
Intervention Arts 4/1/2001
Riku Latti: “ ‘n Pleister Vir My Nerwe”
Riku Latti is young, in-touch with the music world and incredibly talented. He has been described by one journalist as an artist whose debut album is “set to change the rules and perceptions of the Afrikaans music genre”. He has been seen by many as the saviour of Afrikaans Pop music from a future that would otherwise have comprised only the extremes of Heavy Metal and cheesy Karaoke hits. His album, ‘n Pleister Vir My Nerwe, is certainly unlike anything else in the Afrikaans music industry, and will appeal, like a breath of fresh air, to anyone who is passionate about Afrikaans music.
Breaking free of the now well-worn genres of traditional gospel, cabaret, folk, schmaltzy adult contemporary bubblegum and blues-rock, Riku Latti does something very few artists (in any language) in South Africa have done: Riku makes good contemporary pop music.
Afrikaans music has had (and continues to produce) its share of rebels and revolutionaries, as well as performers with their fingers on the pulse of current trends, but it has been a while since the genre has seen an artist who understands exactly what is happening in mainstream pop music and applies that understanding to great songwriting in the medium of impeccable, lyrically poetic Afrikaans.
Riku Latti’s award winning ‘n Pleister Vir My Nerwe does what Afrikaans music has needed for some time: it creates a place in the genre for unity between the old and new, the traditional and the avant-garde, with songs that will appeal to both the new school of alternatiewe afrikaners and old guard of taalvegters. Riku’s music is unashamedly Pop: excellent musicianship and sensitive, thoughtful, often funny lyrics combine on songs that will find a home on virtually every and any radio station in the country. Vacillating gently between smooth Jazz, acoustic rock and the electronic groove-driven experimentalism that has made Beck an international superstar, ‘n Pleister Vir My Nerwe has a target market of all people of all races, both sexes, and any age between 7 and 75, with music tastes as varied as Matthew van der Want and Eminem.
Click Here to listen to the album: 'n Pleister vir my Nerwe
‘n Pleister Vir My Nerwe is a double album, sold for the price of a regular release. The first disc contains Riku’s Pop-music ballads and acoustic-electric hits; the second disc (WOKNAKWYF!), his avant-garde electronica of dance, trance, trip-hop and drum ‘n bass. Riku Latti is a man of many talents.
‘n Pleister Vir My Nerwe won the Geraas award for beste alternatiewe album. It has also been nominated for a SAMA in the best Afrikaans adult contemporary category and WOKNAKWYF! has received a SAMA nomination in the best instrumental category.
Already, Riku’s album has found a welcome reception (and had done, even before being signed to a record label) national Afrikaans-language broadcaster, Radio Sonder Grense, with four songs currently playlisted, “Pakpoort” and “Jas” on high rotation and “Waar is jy” and “Struikel” on medium rotation, as well as an interview on the station in peak-time. Television interviews include appearances on Geraas, Kwêla, Casper Rasper Show en Liedjies wat ons ken.
Riku recently completed a collaborative album project with Jean Marais. The project will be known as 12Hz and the title of the CD is “nou”. The CD will be released shortly.
Riku Latti is positive, confident that his music has a definite and secure place is the panorama that is multicultural South African Pop.
RIKU HOU VAN RONDSPEEL
Jip 3/7/2001
Angola Badprop
Die witrok besing die rooirok...
"Jy met jou rooirok voor my ma se deur," sing die man in die wit Arabiese kleed op die kleinerige klub se verhoog.
Dis besig vir Jo'burg (vir 'n aand met 'n Afrikaanse kunstenaar op 'n verhoog, bygesê) maar die mense sit vasgenael. "This is some cool stuff, although I don't understand a word," sê 'n ou kliphard hier langs my. Sy vriende skaterlag vir 'n paar sekondes en luister dan weer rustig voort. Hy begin met 'n liefieliedjie en sy band bly stil. Die mense sit meegesleur.
Riku Lätti is 'n nuwe gesig op die Afrikaanse musiekfront. Hy chart reeds op RSG en Radio Tuks, so kyk uit vir hom. Die lede van sy band is gevestigde musikante, soos Peter Auret (tromme) en twee van die Henry Ate-manne, Max Mikula (lead kitaar) en Brendan Ou Tim (baskitaar). Sy dubbel-CD, "'n Pleister vir my nerwe" is reeds op die rakke.
to listen to the album: 'n Pleister vir my Nerwe
"Ek maak nog glad nie geld uit my musiek nie," sê hy. Sy styl is meestal folk, maar Lätti glo in verskeidenheid. "'n Bietjie van dit en 'n bietjie van dat is gesond in hierdie stadium. Dit sal maak dat 'n mens aan 'n groter repertoire kan bou. Soos 'n hele program se folk vir 'n rustige gig of 'n lekker klomp rock as jy wil hê mense moet lekker dans. Ek hou van rondspeel."
Riku het begin as kabaretskrywer. Hy het verlede jaar 'n suksesvolle toneelstuk "Plakaat van 'n persoon wat nie pas nie: die apatiese rebellie van Hansie Slim" na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gevat. Weer satire met 'n nuwe uitkyk op instellings. "'n Pleister vir my nerwe" is juis 'n sinspeling op die "patetiese gesondheidsbeleid in hierdie land", vertel hy.
'n Man met issues, dus. Tussen instellings en Suid-Afrika se gesondheidsbeleid vat hy ook gansters aan. "My song, 'Die drama in die valley', dui op gansters. Dis ook hoekom dit meer rap in het. Daar is baie issues met sulke mense, van die VSA tot in die Wes-Kaap. Hulle is oral."
En dan kom die integrasie met ou Afrikaanse songs ook by. "Dit het maklik by die musiek ingeval en dit was fun. Ek hou daarvan om dit nuut te gebruik. Dit sou stupid wees om te ontken waar dit vandaan kom."
Riku Lätti werk reeds aan sy tweede album en daarna wil hy Holland toe. "Afrikaanse musiek is te dood in Johannesburg. Ek vir lank nie eerns geweet daar bestaan so iets hier nie. Maar my musiek lok steeds verskillende reaksies onder Engelse mense uit. Party hou daarvan, al verstaan hulle dit nie, en ander sê ek moet my goed vertaal sodat dit kan klink soos al die ander crap daarbuite."
Maar die wit rok sal hy dra. "Ek wil nog enigiets van Jasser Arafat tot Sinbad-sailors by my show ingbring. Ek verstaan nie hoekom ons almal dit nie elke dag dra nie, dis dan so lekker gemaklik en koel."
PLEISTER VIR MY NERWE
Vir 'n verandering gebeur daar iets vars op die alternatiewe Afrikaanse front. Onthou net een ding jong kunstenaars: baie van hulle is nog nie in 'n sekere styl gevestig nie. Baie val nog rond tussen verskillende stuff.
Soos Riku ook. Party songs is folk, party is rustige, laid back liefieliedjies, party is funkerig, party is blues. Daar is self 'n lekker funk-rap-treffer getiteld 'Die drama in die valley' en dan 'n kabaret-agtige satire getiteld 'Rooirok'.
Natuurlik is die groter plan om eendag so veelsydig moontlik te wees. Die nadeel is net: jy gaan nie te veel mense op een slag kan please nie, so dis al waar "'n Pleister vir my nerwe" te kort skiet. Daar is nog 'n lekker paar tracks op die EP "Woknawyf!" ook. Soms word jy herinner aan Matthew van der Want, soms aan Prophet 'n bietjie aan Valiant Swart.
Die musiek val rond tussen 'n wye verskeidenheid style wat Riku als opgedis het vir pretty much 'n gatskop-keurspel. Dié bra is jonk en nuut, maar hou hom dop - hy kan jou tref met 'n tweede poging wat dalk jou dak kan skud.
Lucky Dube ontmoet Johannes Kerkorrel op dwelms?
Blunt Magazine 3/1/2001
Milo Marsden
'n Pleister Vir My Nerwe
(Independent)
Dit verstaan ek nie. Lucky Dube ontmoet Johannes Kerkorrel op dwelms?
Mal. Volgende, asseblief.
Milo Marsden
1/10
RIKU LATTI LEADS AFRIKAANS MUSIC INTO THE 21st CENTURY
SA ROCK DIGEST 2/18/2001
Paul Drosdzol
Afrikaans music. Yeeeeuuuuugggh, huh?
Safari suits ... koeksusters ... tannies ... 'Forces' Favourites' ... Sonja... Bles - that's what it's all about....
Not SO. Riku Latti has delivered a double-barrelled message of intent to Afrikaans music and it's called 'n Pleister Vir My Nerwe, an album destined to change the boundaries and perceptions of the genre.
But Riku is no revolutionary, he does not wantonly destroy to completely re-build; he takes tradition and bends it to his purpose, making it more modern, forward-looking and infinitely more cool.
On this double CD Riku has laid a lot of colourful cards on the table - a veritable running flush of introspective ballads, rockers and (the joker?) a funky hip-hop manifesto - a slice of local thuglife that reveals his gangsta of a heart. One suspects, even with such a strong hand, that Riku still has a couple of aces up his sleeve in reserve.
Variety and versatility sprawl across this double album, a bright cavalcade of styles and attitudes that keep the listener entranced.
"Ek voel die woorde in jou longe le tussen asem and nikotien" ... a lyrical line full of longing and regret that glistens from the rocking, melodic and atmospheric 'Pakpoort', one of 'n Pleister Vir My Nerwe's standout tracks and a clear candidate for radio play.
The songwriting is strong throughout, but what illuminates and animates the words and instrumental playing is the crisp and modern production, crafted by Riku and Peter Auret. The use of studio techniques and technology gives the album a clean, cutting-edge feel that distances it from most of the music in the Afrikaans genre.
I can't help putting 'Valley' on the CD player's repeat function: after a "beef" with the cops Riku dons "nike cap ... sneakers ... en goud op my nek" and completely wiggas out with a riotous hip-hip romp that sees him hooking up with homies erbal T (a play on Ice-T) to rap about bitches and the thuglife. What makes the track smack with some authenticity is the sharp, dancing beat and Riku's gruff bark.
'n Pleister Vir My Nerwe is an important album, one which sets standards and shifts parameters. It's a work that most of Riku's peers will have great difficulty in surpassing, or even, I suspect, in matching.
JONK VARS EN OPWINDEND
De Kat 6/1/2001
Theunis Engelbrecht
Riku Lätti is 'n man wat nie skrik om 'n klavier se kap op te lig as hy ook dáár 'n nuwe klank kan optower nie. Dié sanger en lidjieskrywer het pas sy debuut-CD, "'n Pleister vir my nerwe", bekend gestel.
Dit het alles begin omdat hy verveeld was in die klankateljee waar hy so nou en dan gewerk het, vertel Riku Lätti oor sy debuut-CD, ‘n Pleister vir my nerwe, wat almal in vervoering het wat dit hoor. Sy klank is vars, eiesoortig en modern - popmusiek soos wat jy dit maar min in Afrikaans hoor.
“Ek het voorheen net gekonsentreer op Engelse musiek,” vertel hy. “In 1996 het ek egter ‘n Afrikaanse rock-kabaret geskryf wat ons opgevoer het in die Box Theatre by Wits, die Bassline in Melville en ook by die KKNK.
“Ek het doelbewus van soveel as moontlik musiekstyle gebruik gemaak op die CD, want ek wil vir die res van my lewe musiek maak,” sê hy. “Ek wil ook nie my luisteraars verloor as ek die dag iets nuuts probeer nie, daarom het kry mense wat ‘n Pleister vir my nerwe koop ‘n tweede CD, Woknakwyf, gratis. Daarop is van my meer eksperimentele werk.
“Ek werk saam met my vennoot, Peter Auret, ‘n klankingenieur en tromspeler, en hy hou sy oor op die grond om te hoor waarna mense graag luister. Ek skryf al die musiek; hy luister daarna en gee advies oor hoe ons die opneemproses moet benader, dan begin ons volstoom werk.”
Verskeidenheid is dan inderdaad wat ‘n mens aantref op ‘n Pleister vir my nerwe: van ballades met baie mooi melodieë (soos Onder jou asem, Verander en Jas - laasgenoemde snit is een van dié hoogtepunte op die album) tot vinnige liedjies, soos die funky Pleister en Agter my rug; die reggae-klanke van Vyand van die staat en die intense rap van Valley, wat handel oor ‘n gangster en met ‘n indrukwekkende straattaal-liriek spog. Dan is daar ook suiwer pop soos die liedjie Sterre, waarin Lätti die draak steek met die selfvoldane sterre op die TV-skerms.
Woknakwyf is uiters eksperimenteel en selfs avant-garde en bestaan uit baie lang atmosferiese instrumentale stukke (een se titel is Moet nooit die belangrikheid van goeie mondhigiëne onderskat nie). Die musiek op dié CD is nie so toeganklik soos dié op ‘n Pleister vir my nerwe nie en dit vat lank om daaraan gewoond te raak, maar as eksperiment bly dit nietemin interessant en laat ‘n mens dink aan die epiese werke van Pink Floyd.
Die produksiegehalte van albei CD’s is baie goed en die verwerkings uitstekend. Daar is geen ander musiek in Afrikaans wat so klink nie. Dit sal ‘n mens nie verbaas as Riku Lätti met dié CD Afrikaanse musiekprinse soos Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis en Valiant Swart van hul trone afskop nie.
En sy toekomsplanne? “Ek sal graag soveel as moontlik wil optree. Dan wil ek die volgende CD so gou as moontlik opneem sodat dit gereed is wanneer Pleister gaar is. En aan die eksperimentele kant het ek ‘n paar nuwe stukke begin opneem waarin ek byvoorbeeld ‘n klavier op die interessantste manier moontlik bespeel met keteltromstokkies op die oop snare, die klak van die pedale ge-amplify vir ritmes en die kas self vir perkussieklanke. Vir nog ‘n stuk het ek ‘n kosmaakproses opgeneem waarop ek die kombuisklanke opgesny het om allerhande ritmiese en melodiese diskoerse mee te bou.”
Omdat Suid-Afrikaanse platemaatskappye berug is daarvoor dat hulle geld en kommersialiteit baie belangriker ag as kreatiwiteit, vindindrykheid en oorspronklikheid, sal jy ‘n Pleister vir my nerwe nie sommer op die winkelrakke langs Patricia Lewis en André Schwartz aantref nie. Bel 083-652-7649 vir navrae.