luister/dowload album: Janneman in die Diereryk

Janneman in die Diereryk – 'n Musiekblyspel vir Kinders

Kom stap vir 'n dag in die skoene van 'n wille klein kalant soos hy dinge en diere in die oerwoud ontdek.  Maak vriende met Oupa die Uil wat iewers in die donkerte skuil en leer wat hy die graagste eet.  Gaan saam na Koning Leeu se verjaasdagpartytjie by die grootste boom langs die waterstroom waar die koning woon.  Ontmoet vir Skilpad in die hangmat nadat hy Hans Haas kafgedraf het. Kom sing vir al die geveerdes, ja kom leer die maklike liedjies en sing saam vir al die voëltjies.  Gaan slaap saam met Janneman onder die sterre en luister na die diertjies van die nag.

Janneman in die Diereryk - Die verhoogproduksie met Riku Lätti en Jackie Lätti.  Na ‘n suksesvolle reeks vertonings by KKNK en die Kierieklapperfees in Mokopane is Janneman reg om die hele land plat te toer, sy skoene deur te trap op soek na oortjies wat lus is vir mooi liedjies en snaakse stories.  Die span roep die dierekarakters tot lewe op ‘n verhoog wat die jong kyker met musiek en word opvoedkundig vermaak.

Die oorspronklike CD van Janneman in die Diereryk is nou wel vir kinders, maar definitief ook vir koel ouers bedoel, want daar is heelwat verskillende musiekgenres wat in Janneman in die diereryk gebruik word, insluitend jazz, pop, rock, country en klassieke musiek. Alhoewel die temas op kinderlike wyse aangebied word, is Janneman in die Diereryk eintlik vir almal wat gehalte musiek en slim lirieke waardeer.

Die Janneman in die Diereryk CD spog met 'n reeks skatlike bydraes van sterre soos: Albert Frost wat blueskitaar speel op verskeie liedjies en ook die rol van die bobbejaan vertolk; Bacchus Nel wat al singend die rol van Manie die blinde mol vertolk; Morné Visser as Louis die luislang; Arnaud van Vliet as Janneman; Fried Wilsenach as Siegfried skilpad; Jahn Beukes vir die orkestrasie.

Kom geniet 'n lewende vertoning van Janneman in die Diereryk vat gerus die CD huis toe om verder tuis te reis.