woorde & musiek: Riku Lätti
produksie, fluite, saksefoon & sang: Jean Marais 
mede-produksie: Ewald Cress
sang: Nike Holm 

Lank op jou gewag op my eiland in die son
En wat het ons gemaak aan die slaap veertig jare om
Is jy wakker nou
Op my eiland in die son
Ja ek wil jou verlei jou sleutel vir my kry en dan wil ek

En dan wil ek
En dan wil ek
En dan wil ek

Versink in drome wink vir 'n oomblik in die son
En wat het ons geraak versigtig smaak en vlugtig aan die dink
Dis die sterre maan
Verewig aan die blink
Ja ek sal in jou verval verdwaal in jou heelal en dan wil ek

Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak
Teen die einde van die jaar kyk ons hoe die see oorstroom
Teen die einde van die eeu kyk ons hoe die son opkom
Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak

Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak (Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak)
Teen die einde van die jaar kyk ons hoe die see oorstroom (Teen die einde van die jaar kyk ons hoe die see oorstroom)
Teen die einde van die eeu kyk ons hoe die son opkom (Teen die einde van die eeu kyk ons hoe die son opkom)
Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak (Teen die einde van die dag kyk ons hoe die son wegraak)