Daar’s ‘n engel by ons venster
wat hang aan ‘n draadjie
as die wind waai dan vlieg sy
en toe een dag het sy geval
het ek haar dalk laat val?
 
plaas die skuld op die duiwel en verdoem na hel
sondige mense wat nog treur oor die engel se val
en feitlik onmiddellik ondersoek ons die hede
soek na ‘n rede hoekom alles moet val
die wil om te glo diep ingeënt 
dieper as denke maar rede moet wen
en dalk eendag eendag, leer ons wel
die spel wat ons speel
 het ons eintlik verniel
wat my laat dink het
maar wat van die engel
en die oordeel wat ons vel

het ons dit laat val
het ek haar laat val?
laat ek haar maar val
laat haar val?

ek het geglo in die engel
was oral om my
gevoel sy heel my
ek in haar arms
omring my
sy laat my val 
om op te staan
op ‘n vuurwarm nag
sy troos my
en vir ‘n oomblik sien ek God
te kort vir ‘n asem om te vra 
wat het hy gedink het
wat van die engel
wat van die engel
wat ons laat val?
het ons haar laat val
het ek haar laat val?
laat ek haar maar val
laat haar val?
het ek haar laat val?
laat haar val?