Hy stap af in die straat, ‘n lang kalant met ‘n gloed in die gewaad

Hy dra ‘n bloedrooi suit met ‘n wit krawat

en as jy van skuins ‘n flits van hom vang sou jy dalk dink hy is

Kersfeesvader

 

Hy stap in by die kroeg, sjarmant dog beleefd met ‘n glimlag, ‘n kopknik, ‘n groet

gaan sit op die stoel, kyk na die bar, kyk maar wie’s daar

en as die barman aankom met ‘n gebaar vir hom vra, bestel hy dadelik twee doppe want almal dink mos hy is

Kersfeesvader

 

Van links en dan van regs begin twee spanne mekaar opvryf

Dis die gesleep en die gesloeg die tyd van die aand in enige goeie kroeg

En dadelik is hy binne in en ontlont die situasie voor dit begin

Want almal weet mos hy is

Kersfeesvader

 

Waar’s my dop?  Daar’s jou dop? (herhaal)

 

Aan die einde van die aand gaan hy huis toe sonder ‘n traan, 

sonder ‘n man, vrou of mens van die maan

Stap hy af in die straat, het sy moed hom verlaat, op by die trap tot bo in die gang draai hy links voor sy deur vind hy ‘n jafel, vriend van lank terug in nood, want almal dink mos hy is 

Kersfeesvader

Oe, dit voel soos Kersfees! 

Waar’s my dop?  Daar’s jou dop? (herhaal)

‘n Maand of wat later sit hy kaal daar in sy krot, want sy vriend was mos op een of ander ys en die luis het verrys met spiere gewys en hy dra weg die hele huis, ‘n verhaal van epiese faal en daar sit hy getap, want almal dink mos hy is

Kersfeesvader