Hier is ons gebore sonder oog of ore
Wonder hoe het ons ontstaan?
Wie kon ooit so plan beraam?

Hier is ons verlore
Sommer so gebore
Kyk hoe gluur ons lot ons aan
Wonder hoe ken sy my naam

Soos die knal van die skoot uit die starterspistool
Is jy af oor jou kind se goue simbool
Het jy gepraat oor die rol in Sewende Laan
Met jou servet voor jou mond waarin rooiwyn vergaan

Het jy gewonder oor die boos Taliban in die Ooste
En hoe dit die prys sou beïnvloed van jou toebroodjierooster
Gehoor en getwyfel oor die man op die maan
Skepties gegrinnik oor sirkels in graan

Kom ons stig onder ons ‘n onderons
Dan wonder ons wie donder ons as bomme gons
Kom ons stig sonder ons ‘n sonderons
Bewonder ons die sonderons hier onder ons

Hier is ons gebore sonder oog of ore
Wonder hoe het ons ontstaan?
Wie kon ooit so plan beraam?

Hier is ons verlore
Sommer so gebore
Kyk hoe gluur ons lot ons aan
Wonder hoe ken sy my naam

Het jy aangedring daarop dat jou bediendes gaan stem
Maar diep binne tog gehoop dat die NP sou wen
Het jy gelees of geluister na die skrif op die muur
Of was Hillbrow net te ver en petrol te duur

Was jy geskok oor die lot van kinders op straat
Gevoel daar is rede om Nigeriërs te haat
Vertel hoe iemand iets moet doen aan die saak
Voor dit verder versprei, jou kind kom haal in sy slaap

Kom ons stig onder ons ‘n onderons
Dan wonder ons wie donder ons as bomme gons
Kom ons stig sonder ons ‘n sonderons
Bewonder ons die sonderons hier onder ons

Osama Bin Laden ons kan sien dit was weer jy gewees
Ons staan ma verstar aan al die boos wat jy ons mee bevrees
Osama jou sondebok 
Jy het ons almal diep geskok
Osama jou sondebok 
Of het die CIA gejok

Kom ons stig onder ons ‘n sonderons
Dan wonder ons wie moer ons as bomme gons
Kom ons stig sonder ons ‘n sonderons
Bewonder ons onder ons die onderons

Dit sal gebeur