G
ek is seker jy het hierdie al gehoor
C
die gawwerment is net ‘n duiwel in jou oor
G
die main stream media het die plot verloor
C
die libtards like die kommuniste wat jou moor
Am D
jy kan niemand trust nie, maar jy kan my maar glo
G
en ‘n new born nazi lees die Bybel vir jou voor
G
leke predikers voer jou statistiek
C
verkondig fabels soos in 5G maak jou siek
G
en almal’s teen jou as jy teenoor alles is
C
die leuens verskeur die hele wêreld middeldeur
Am D
selfs die fake nuus fake dit as hul fake nuus skree
G
het die wêreld dan nou mal geword
of gee jou kop net mee
C
ek kan goed onthou hoe lekker was die dae
G
ons het van niks geweet en niks het ons gepla
C
mooi nooi die rietkooi nooi, die rietkooi is gemaak
D
die rietkooi is vir my gemaak om by haar te lê en slaap
G
Kommunis ou Chris, jy’s ‘n hopelike case
in jou two tone frokkie speel jou Koos Kombuis
C
en jou faceboek vriende is ook almal uitgespace
G
want hul like vir Frikkie in sy sweet naïwiteit
C
hy is ‘n vangs vir Sarie daar op universiteit
Am D
hy’t ‘n spierwit bakkie met ‘n plekkie vir ‘n knyp
G
wat ‘n gawe mamma wat tjek als werk uit oukei
C
wie’s jy meisie met die mooi bruin oë
G
kom vertel my iets waarin ek kan glo
C
kom verlos vir my van die bakleiery
D
laat ons vry al sou ons voorvaders stry
- C
en net sodra jy dink jy is in beheer
Am. D
wys die wêreld dat jy eintlik nog maar leer