from album: Aan't Sterre Tel
Soms sukkel jy net
bly genael in die net
jy soek 'n pad
probeer te hard
En voor jy sien het jy verbrokkel
Soms praat jou hart
met 'n mens wat naby jou sit
en hoekom dit en hoekom dat
En voor jy sien het jy vertroebel
Soms leef jy in 'n grap
Kyk hoe slaap jou stad
Die mens wat aan jou vat
Het alweer laat spat
Onderdeur jou dak
As in sak gepak
Soms breek jou hart net soms preek jy twak net
Soms weet jy wat net soms kat se blad net
Soms siek en sat net soms weet jy wat net
Soms weet jy wat net soms weet jy wat net
Soms struikel jy net verlei verslaaf en behep
Jy voeter rond ondergronds en alles proe soos sand en stopsels
Soms pleeg jy smart
met 'n mens wat naby jou sit
en hoekom ek en hoekom jy
En voor jy sien het jy vertroebel
Soms leef jy in 'n grap
Kyk hoe slaap jou stad
Die mens wat aan jou vat
Het alweer laat spat
Soms breek jou hart net soms preek jy twak net
Soms weet jy wat net soms kat se blad net
Soms siek en sat net soms weet jy wat net
Soms weet jy wat net soms weet jy wat net
(Soms) Is jou wêreld net te klein
(Soms) (Soms is dit al wat jy gaan kry)
(Soms) Is dit al wat jy gaan kry
(Soms) (Soms stap jou voete jou vooruit)
(Soms) Stap jou voete jou vooruit
(Soms) (Soms vat jou asem jou verby)
(Soms) Vat jou asem jou verby
Jy aan die anderkant
Moet mos weet hoe om te baklei
Jy aan die anderkant
Soek mos skuilte in jou sy (Soms sukkel jy net) (Soms)
Jy aan die anderkant (Soms struikel jy net, soms sukkel jy net)
Kruip mos weg as jy moet kry (Soms struikel jy net, soms sukkel jy net)
Ja jy aan die anderkant (Soms struikel jy net, sukkel jy net)
Moet mos weet hoe om te baklei (Soms sukkel jy, soms struikel jy)