Ek het na jou verlang
Jy in ’n ander land
Jy in my drome
My somer eindig in ’n dag
Ek het jou terug verwag
Waar is jy
Want weg is

Ek het in ons gesien
Meer as wat ons verdien
Wanneer is jy weer
’N oomblik hier
Dan kan ons lag
Bly jy dalk hier
Ek hoop jy doen

Staar jy na jouself
Weet wat jou laat tel
Ek was jou mens en sielsgenoot
Ek was jou man en lewensgroot
Dit was ek
Staar jy na jouself

Wonder hoe’t ons gedink
Wat het ons skip laat sink
Daar’s altyd ’n rede
Verlede jaar het ons geseil
Wie sou dit kon sien
Waar bly jy
Spoorloos ver-
Mis in die oggendson
Het jy voor my oë vermom
Wanneer is jy weer 
’N oomblik hier
Soos dalk vandag
Is alles dan verby
My venster is jy verby

Staar jy na jouself
Weet wat jou laat tel
Ek was jou mens en sielsgenoot
Ek was jou man en lewensgroot
Dit was ek
Staar jy na jouself