Dalk is jy ‘n papegaai

Wat jou vere in die rondte draai

Miskien is jy ‘n kalkoen

Ugly ugly ug – kalkoen

 

Of is jy dalk ‘n pikkewyn

Wat nader aan die suidpool bly

Miskien ‘n groot vet volstruis

Lank vergeet van vlieg volstruis

 

Miskien is jy ‘n spreeu

wat pik in die sneeu

dalk is jy ‘n swael

wat koes vir die hael

 

of is dit jy die meeu

wat vir die visserman skreeu

jy is dalk net die uil

wat nagte om hoe hooeee

 

Hinkie tinkie tink tinktinkie

Wou nie op sy hoede dinkie

Sysie met sy bloue meisie

Jan fiskaal se groot kabaal

Vinkie dinkie altyd flinkie

Mossie op sy kossiebossie

Eendjie met sy korte beentjies

Deur die dam stap

Geen probleem nie

 

Daar’s voëltjies op die dak

Voëltjies wat vlie

Voëltjies in die stad

Voëls oor die see

Valke op die draad

Ganse wat skree

Of sê nou jy’s die arend

wat oor die aarde sweef

 

Kom sing vir al die geveerdes

Kom ons sing vir die voëls

Kom sing vir al die geveerdes

Kom ons sing vir die voëls

 

Van die voëltjies in die Groot Karoo

Kan eendag na die see toe vlie (nie volstruis nie)

En van die voëltjies by die groot blou see

Kan ‘n dag in die woud gaan bly

En die voëltjies in die groot oerwoud

Kan ‘n dag of wat ‘n stad deurkruis

En die voëltjies in die groot grys stad

Kan gaan kyk hoe lyk die groot Karoo

 

Daar’s voëltjies op die dak

Voëltjies wat vlie

Voëltjies in die stad

Voëls oor die see

Valke op die draad

Ganse wat skree

Of sê nou jy’s die arend

wat oor die aarde sweef

 

Kom sing vir al die geveerdes

Kom ons sing vir die voëls

Kom sing vir al die geveerdes

Kom ons sing vir die voëls