in die skadu van die Swartberge

uit die aard se hardste grond

het die Heer die land geseën vir ons

met die rooiste, mooiste blom

 

en die halfmens sal getuig my kind

waar hul in die rante staan

van die liefde in 'n lyf gegiet

wat die mensdom sal verstom

 

'n duisternis het hy verlig

'n kers in die nuwemaan

maar elke kers is 'n weerloos vlam

die waai te maklik om

 

hy waai, hy waai, hy waai, hy waai

hy waai te maklik om

(herhaal)

 

en die tolbos kom daar aangerol

deur die wind gestuur

met 'n boodskap van die grootste stem

dat als verby sal gaan

 

en die natgereënde kruiebos

genees die aard sy lug

gereinig van die hartseer sug

wat ons ook moet verduur

 

'n duisternis het hy verlig

'n kers in die nuwemaan

maar elke kers is 'n weerloos vlam

die waai te maklik om

 

hy waai, hy waai, hy waai, hy waai

hy waai te maklik om