Jy wys 'n vinger maar daar's vier wat terug wys 

Jy loop so heilig met geheime in jou kluis

alles mooi toegesluit die sleutel weggesmyt

 

Jy's so fantasties al die bure sê vir my

so edel en so rein dis moeilik om jou klein te kry

sê vir my het jy die nuus gekry of net verbygery? 

 

Brug:

Al die mense aan jou lippe

val gerieflik in jou strikke

My genade al jou dade

ongelooflik vasberade

kamerade slaan net gade

afgesper deur doringdrade

en op jou hoge troon sit jy   

 

jy't seweduisend slawe wat jou op die hande dra

blinkgepoets opgejuice en gespruce en as die mense vra

het jy dit self gedaan sê jy “ja, my bra”

 

Jy's op die rug van mense in jou skaduwee

Jy vertrap die arme sotte wie jou vloere vee

Sê vir my het jy geluk gekry? Hoeveel nog moet ly

 

(brug)

 

Wen! Wen! Wen! teen alle koste

Wen! Wen! Wen! jou pa sal trots wees

Wen! Wen! Wen! wys ons weer jy's eerste

God, jy weet jy is die beste

 

Wen! Wen! Wen! dis al wat saak maak

Wen! Wen! Wen! jy ken daai soet smaak

Wen! Wen! Wen! nevermind wie wegraak

God, jy kort 'n fokken dwarsklap

 

Jy sê kom speel maar jy kom eerste

Jy sê jy deel maar jy kry die meeste

Sê vir my

issit lekker tuis

tussen gatkruipers

 

Al jou fans en jou followers verafgod jou

Maar daar's baie mense wie jy afknou

sonder berou

hulle sien vir jou

soos ek nou

 

(brug & koor)

 

Ek het  die song spesiaal vir jou gemaak

ek hoop jy like dit en dit laat 'n lekker smaak 

Ek sê vir jou

Ek vergewe jou

maar fokkof nou

fokkof nou