(gedig deur Henning J. Pieterse)

Oomblik en ewigheid is disonant binne ons

ons gedagtes draai tussen hemel en aarde

 

Daar waar lig en donker ontmoet

waar stilte hang, die hart van klank

ons gedagtes draai tussen hemel en aarde

 

Jy vou jou mantel soos nuwe blare om jou 

en stap na die donker tempel van die berg

waar sterre elke nag nader klink aan die aarde

 

Ek het 'n plaat sneeuklokke in 'n nawind sien swaai

in die verte het klokke met die wind verstom

die klank het steeds uit die blomme bly kom