miskien is ek reg

miskien is daar ‘n weg

miskien’s ek verkeerd

maar hoe de hel sal ek weet

 

ek’s vas in ‘n tronksel

ek’s vas in my kop

ek staar vas in die wete 

dat ek alles kan stop

 

ek kan dit aanvaar

ek kan selfs bedaar

miskien moet ek veg

soos ek sê dalk is ek reg

 

ek’s vas in ‘n tronksel

ek’s vas in my kop

ek staar vas in die wete 

dat ek alles kan stop 

 

die oomblik is op my

die kans om te wees

in stede van aksie  

was ek swak in die vlees

 

hoe moes hul gesien het

wat gaan  in my kop

hoe kon hul geweet het

ek’s gevaar vir die trop

 

verstar in die ligte

van aankomende trok

ek’s die bok in die hok

wat my dade beheer 

 

miskien is ek reg

miskien is daar ‘n weg

miskien’s ek verkeerd

maar hoe de hel sal ek weet