Vat my saam
Vat my saam

listen/luister/download/stream: Vat my saam

jy is mooi jy is skoon jy’s ‘n lewensdroom
jy maak die mens gelukkig in die huis waar jy woon
jy is ‘n sonskynkind
jy kom hier ingefladder saam met die wind

ek het altyd gedink ek is ‘n goeie mens
goeie wyn goeie vriende goeie goed toegewens
ek het geweet jy doen jou deel
veels geluk met wat jy sien in die spieël

en toe een dag het ek jou gewaar
en al my goeie vriende vra om te bedaar
als vergeet ek wou weet
wie is die dier wat my so laat sweet

vat my saam
waar ook al jy gaan
vat my saam
met jou vanaand
hemel op aarde
jy skyn soos ‘n ster
ek moet erken
gooi my omver
vat my saam met jou vanaand
vat my saam waar ook al jy gaan

wie sou kon dink na wat ek
als aangevang het
dat ek hier so kon staan
na wat ek alles gesien het
steeds besef dit oortref
bes belewelenis beslis wat gebeur

ek het maar net ‘n oomblik in jou oë gestaar
en die hele wye wêreld het hier stil gaan staan
ek was stomgeslaan
van verstand gestroop en van sin beroof

ek kon my oë nie glo nie glo nie
wat met my gebeur
ek voel soos iemand anders
wat hier deur my beur
ek wil die tyd oprol
in my sak inprop
en saam met jou verdwyn

vat my saam
waar oral jy gaan
vat my saam
met jou vanaand
hemel op aarde
die son in die see
al my mure gee nou mee
groot my geluk dat jy bestaan
vat my saam met jou vanaand
vat my saam
waar oral jy gaan
vat my saam
met jou vanaand
liewe hemel
jy skyn soos ‘n ster
ek moet erken
gooi my omver
vat my saam met jou vanaand
vat my saam waar oral jy gaan

Die lied “vat my saam” deur Riku Lätti het sy ontstaan te danke aan ‘n filmmaker vir wie Riku gewerk het jare gelede wat hom uit die bloute gebel het om te sê dat hy baie van Riku se musiek hou en baie daarna luister en dat dit “amper sou kon werk vir ‘n nuwe film wat beplan word, as dit net ‘n bietjie vinniger tempo gehad het en ‘n bietjie meer vrolik was.”  

Riku het dadelik dit gesien as ‘n uitdaging om iets nuuts te skep wat daardie opwinding sou skep. In die ontwikkeling van die musiek agter die stem word daar opsetlik van ‘n chromatiese styging in die harmonie van die strykers gebruik om ‘n subtiele maar definitiewe positiewe glimlag in die onderbewuste aan die lied te verleen. 

In terme van klank verklap die lied dat Riku se musieksmaak in die jare tagtigs gevorm is. Daar is definitief invloede van Depeche Mode, Van Halen, Wham! (George Michael) en Modern Talking. Maar Riku vermeng dit met sy eie klanke wat dit ‘n onmiskenbaar unieke Riku Lätti komposisie maak.