Ek is ver weg van die huis

vreemde lande heen gereis

Ek het berg geklim, deur riviere geswem

om die wêreld te verken

 

Ek het onder die sterre geslaap

in die bos my tuis gemaak

Maar ek wens ek was nou by die huis

in my ma se warm kombuis

 

Ek het strate deurgestap

Al my skoene deurgetrap

mense Franse tale hoor praat

of Grieks of dalk Spanjaards

 

Maar die mooiste taal vir my

het my ouma ingebly

Ek wens ek was nou by die huis

en dit gee my hoendervleis

 

Hoor my lied en sê vir my

waar is ‘n mooier wêreld

as die een waarin ons bly?

Hoor my lied en sê vir my

waar is die mooier wêreld

as die een waarin ons bly?

 

Ek is ver weg van die huis

vreemde lande heen gereis

Ek het berge geklim, deur riviere geswem

om die wêreld te verken

 

Ek het onder die sterre geslaap

in die bos my tuis gemaak

Maar ek wens ek was nou by die huis

in my ma se warm kombuis

 

Hoor my lied en sê vir my

waar is ‘n mooier wêreld

as die een waarin ons bly?

Hoor my lied en sê vir my

waar is die mooier wêreld

as die een waarin ons bly?